Vrydag

Pokemon: The Rise Of Darkrai

e.tv 14:30

In hierdie trefferfilm staan die Pokemon-wêreld op die drumpel om iets ongeloofliks te aanskou. Dit handel oor twee legendariese Pokemon-vegters wat mekaar uitdaag in ’n klein dorpie, en Ash en sy vriende het sitplekke in die voorste ry gekry ... saam met al die kinders wat tuis saamkyk, natuurlik!

Rocky V

e.tv 20:30

Die ikoniese bokser, Rocky Balboa, het al baie hoogtepunte beleef ... nou ervaar hy die laagtepunte as ’n bankrot voormalige kampioen. So, wat maak ’n man nou om ’n bestaan te maak uit die sport waarvoor hy nog steeds lief is? Rocky trek terug na sy ou buurt en begin ’n nuweling, wat dalk die volgende sensasie kan word, in die bokskryt afrig!

Friday

Mzansi Magic 22:00

Dis Vrydag en Craig en sy maat sit sonder werk. Wat hulle wel het, is ’n stopsel dagga wat hulle op die stoep wil rook terwyl die lewe in hulle rowwe buurt voor hulle bedwelmde oë afspeel in hierdie klassieke kultusfliek.

Saterdag

Michael Jackson: This Is It

SABC2 16:00

Voor sy dood was die Koning van Pop op die drumpel om terug te keer. Hierdie dokumentêre prent wys van agter die verhoog hoe Michael pik op sy dansers, besluit oor hulle choreografie en saam met hulle oefen, asook hoe hy sommige van sy grootste treffers opvoer terwyl hy voorberei vir sy “This Is It”-toer in Brittanje.

Betty And Corretta

SABC3 19:00

Hierdie ware verhaal volg die lewens van Betty en Coretta, die vrouens van die vermoorde menseregte-aktiviste, Dr Martin Luther King en Malcolm X, en hoe die dames hul lewens voortgesit en families bymekaar gehou het gedurende die swaar tye wat op hul mans se moorde gevolg het.

Rio

e.tv 19:30

’n Makgemaakte en baie skaars papegaai ontsnap en beland in die wildernis van Rio de Janeiro. Terwyl hy daar is, word hy in hierdie prettige tekenrolprent gevang deur bose wildstropers wat hom aan ’n privaat versamelaar wil verkoop.

Sondag

Men In Black 3

e.tv 20:00

Will Smith en Tommy Lee is weer eens terug as die agente J en K, wat alle vreemde wesens op die planeet monitor. Hierdie keer moet J terug na die verlede reis om K in die toekoms te red, maar daar is een of twee groot verrassings wat in die verlede vir hom wag!

Terminator: Genisys

M-Net 20:05

Arnold was ernstig om terug te keer! Hy was tot dusver in elke enkele Terminator-fliek ... en dieselfde geld vir hierdie een waar ’n Terminator met ’n nuwe voorkoms deur SkyNet teruggestuur word na die verlede om Sarah Connor op te spoor en dood te maak. Die ding is net, John het al klaar iemand gestuur om haar te beskerm...

12 Years A Slave

Mzansi Magic 21:30

’n Vrygebore swartman in New York word verdoof, ontvoer en as slaaf verkoop in die rassistiese Diep Suide. Dis kos hom 12 jaar van harde werk, protesteer en beplanning voordat hy dit regkry om terug na sy familie toe te ontsnap. Rof, rof, rof!