Vrydag

Fly Away Home

e.tv 14:30

Gegrond op ’n ware verhaal. ’n Meisietjie en haar pa neem ’n groep weesgansies in. Nie net maak hulle die gansies groot nie; hulle leer die voëls met behulp van hul mikroligtevliegtuig suid vlieg vir hul wintermigrasie.

Stealth

e.tv 20:30

Wat is gevaarliker as ’n vegstraler? ’n Vegstraler onder die beheer van kunsmatige intelligensie wat buite beheer is nadat ’n kragstuwing dit teruggestel het. Ten minste het die mensdom ’n drietal vegvlieëniers wat die vlieënier met kunsmatige intelligensie sal kan keer voor dit ’n oorlog begin.

187

SABC1 22:00

Daar is niks erger as om dag ná dag te gaan werk nadat jy iets traumaties by jou werkplek ervaar het nie. Soos hierdie arme onderwyser wat by die skool deur een van sy leerders gesteek is. Maar nou het hy genoeg gehad van die boelies by die skool en besluit om terug te baklei.

Saterdag

Rat Race

SABC3 19:30

Dobbelaars hou van weddenskappe en sal op enigiets wed. Daarom skep ’n casinobaas die uiterste dobbeluitdaging: ’n Groep vreemdelinge word ingeskryf vir ’n wedren met wengeld van $2 miljoen. Wat die deelnemers nie weet nie, is dat ’n spul ryk mense weddenskappe aangaan oor wie van hulle sal wen!

Nothing for Mahala

SABC1 20:00

’n Gekwelde jong man bots met die gereg. Hy word gemeenskapsdiens opgelê vir sy misdade, maar dis eintlik ’n bedekte seën. Terwyl hy sy ure by ’n ouetehuis afwerk, bevriend ’n wyse ou man die stoutseun en help hom met nuwe oë na die wêreld kyk.

Fast & Furious 6

SABC3 21:30

Dominic en sy straatren-span kry koers na Londen. Hoekom? Want dit is waar hulle hul rekord gaan regstel en weer toegang tot Amerika verdien. Hoe? Deur ’n groep gewapende rowers te keer wat dalk net beter agter die stuurwiel as hulle is . . .

Sondag

Zero Dark Thirty

SABC1 20:00

Dit het Amerika langer as ’n dekade geneem om Osama bin Laden, die meesterbrein agter die 9/11-terreuraanvalle in die stad New York, op te spoor. Hoe het hulle dit gedoen en hoekom het dit so lank geduur? Hierdie biografiese aksiefliek bied ’n nadere blik . . .

Marvel’s The Avengers: Age of Ultron

M-Net 20:05

Die Avengers-groep superhelde is terug en hierdie keer sit hulle met ’n ernstige probleem. Die neusinstekerige Tony Stark het ’n tegnologiese oorlog ontketen en per ongeluk ’n lewende rekenaar geskep wat die mensdom wil vernietig en die planeet regeer. Die Avengers moet nou al hul magte inspan om die bose Ultron te stuit. Of anders . . .

Casino Royale

e.tv 21:55

James Bond het pas sy 007-lisensie gekry om dood te maak. Wat gaan hy doen? Hy kry koers na Montenegro om te verhoed dat ’n bankier namens terroriste ’n eksklusiewe pokerwedstryd wen. As Bond se opdrag misluk, gaan die wêreld onder beleg kom. Hy moet hoop hy kry ’n goeie hand . . .