Vrydag

Bad Ass

e.tv 20:30

Danny Trejo en Danny Glover is twee van die taaiste Hollywoodsterre, nog van die ou skool, in die rondte. Dit maak dus sin dat hulle saamspan in hierdie skreeusnaakse rolprent wat handel oor twee bejaarde mans wat’n verbond sluit nadat hulle mekaar se lewens gered het.

Safe

Mzansi Magic 22:00

’n Eks-polisieman, wie se lewe uitmekaar val, kry ’n nuwe werk. Sy opdrag is om ’n jong meisie te bewaak/op te pas wat ’n geheime kode ken wat deur die Chinese triade, die Russiese bende en korrupte polisiemanne gesoek word.

Navy Seals

e.tv 22:20

’n Groep elitistiese SEALS van die vloot kry ’n hoogs geheime missie om jag te maak op ’n terroris. Hoekom is dit so belangrik om hierdie vyand te vang? Hy het ’n nuwe soort missiel gesteel wat die ontplooiing van kernwapens net so meer doeltreffend sal maak … en hy gaan dit gebruik!

Saterdag

Speed Racer

e.tv 19:30

’n Talentvolle jong renjaer kry die kans om sy familie se resiesnalatenskap gestand te doen. Maar om dit te kan doen, moet hy teen een van die grootste spanne in die bedryf jaag. Dit is ook toevallig die mees korrupte span.

Sliding doors

SABC3 21:00

’n Vrou bereik ’n kruispad in haar lewe. In plaas van die maklikste uitweg te kies, doen sy iets wat min mense al in die verlede gedoen het: sy kies die goed gebruikte pad, sowel as die onbekende een.

Borat: Cultural Learnings Of America For Make Benefit Glorious Nation Of Kazakhstan

e.tv 22:15

In hierdie spotumentêre rolprent deur die komedie-genie, Sacha Baron Cohen, word ’n onbekwame joernalis van sy agterlike land in Oos-Europa gestuur om die Verenigde State te ondersoek. Sy nuwe opdrag is om uit te vind wat die rede is dat die VSA so ’n belangrike land in die oë van die wêreld is, maar hy moet sorg dat hy nie gearresteer word nie.

Sondag

Prince Of Egypt

SABC3 14:30

Nadat hy grootgemaak is as die seun van die koninklike heerser Farao, vind Moses uit hy is in werklikheid nie eens’n

Egiptenaar nie. Hy is ’n Joodse weeskind wat voorbestem is om sy mense te red, maar dit gaan nie maklik wees om hulle van Farao se heerskappy te bevry nie.

X-Men: First Class

e.tv 20:00

Die wêreld word aangeval deur ’n Nazi uit die Tweede Wêreldoorlog, wat aan homself bomenslike magte toegeken het. En wie gaan nou die wêreld red van hierdie nuwe vyand? ’n Groep jong mutante wat hul eie, spesiale vaardighede het …

Furious 7

M-Net 20:05

Dominic Toretto en sy span straatrenjaers is weer eens verenig vir nog ’n taak. Hierdie een is egter belangriker as enigiets wat hulle nog ooit vantevore moes doen. Want, as hulle misluk, gaan hulle doodgemaak word deur ’n wraakgierige terroris wat sy broer, wat deur die span in die intensiewesorgeenheid gesit is, wil wreek.