Vrydag

The Second Best Exotic Marigold Hotel

M-Net 09:30

Om afgetree te wees beteken beslis nie dat jy nie kan pret hê en ’n bietjie kattekwaad aanvang nie. Net soos hierdie pas afgetredenes wat ’n tweede hotel vul met pensioenarisse wat maar alte graag een of twee maltrap-avonture aanpak!

True Lies

e.tv 20:30

Arnold Schwarzenegger en Jamie Lee Curtis span saam in hierdie aksiefliek. ’n Verveelde huisvrou kikker haar lewe effens op met ’n sensuele rendezvous, maar vind toe uit haar huweliksmaat is glad nie ’n rekenaarverkoopsman nie; hy is ’n spioen met ’n bitter jaloerse streep!

Hot Tube Time Machine 2

M-Net 22:55

’n Kêrel bevind hom in ’n penarie, en waar soek hy hulp? By sy twee beste vriende. Hoekom? Omdat hulle ’n tydreis-warmbad het wat hulle kan gebruik om sy probleme op te los. Maar hulle reis na die toekoms pleks van terug in die verlede, wat nog meer moeilikheid veroorsaak.

Saterdag

Mr Popper’s Penguins

e.tv 19:30

Jim Carrey keer terug na sy dierekomedie-wortels as ’n streng sakeman. Maar toe erf hy ’n klomp pikkewyne en verander sy woonstel in ’n winterparadys vir pikkewyne. Dis soos Ace Ventura 3 . . . net nie heeltemal so aweregs nie.

Lock, Stock & Two Smoking Barrels

e.tv 21:25

’n Klompie tjomme maak skuld by ’n berugte bendelid. Die oplossing vir hul geldkrisis? Beroof die swendelaars in die kantoor langsaan – hulle het pas ’n plaaslike dwelmsmous platgeslaan en nou het hulle meer dagga, geld en wapens as waarvan enige boef kan droom!

Sex & the City 2

SABC3 21:30

Die vriendinne uit New York soek ’n nuwe avontuur. En dit beteken ’n vakansiereis na die Midde-Ooste, waar die een vriendin se eks besig is om ’n film te skiet en sy weer kontak wil maak met hom.

Sondag

The Amazing Spider-Man

e.tv 20:00

Peter Parker is terug op die kassie, maar hy lyk effens anders. Dit is omdat sy rol nou vertolk word deur Andrew Garfield, wat ’n veel prettiger en meer aksiegelaaide aantrekkingskrag aan die gewebde superheld gee.

Mortdecai

M-Net 20:05

’n Verdagte kunshandelaar doen groot moeite om die hulp van ’n deskundige in te roep wat hom met ’n nuwe transaksie sal kan help. Dit is om ’n spesiale skildery op te spoor, want in die kunswerk is ’n geheime kode versteek. En daardie kode sal hulle lei na ’n bankkluis vol Nazi-goud . . .

American History X

e.tv 22:50

’n Voormalige wit heerssugtige man word uit die tronk vrygelaat en probeer weer deel word van die samelewing. Terselfdertyd probeer hy sy kaalkopbroer wys hoe verkeerd hulle leef, maar daar is ’n paar struikelblokke op hulle pad: gevaarlike en gewapende struikelblokke . . .