Vrydag

Catch That Kid

e.tv 14:30

’n Meisie en twee vriende besluit om ’n bank te beroof. Maar hoekom so jonk al ’n lewe van misdaad kies? Haar pa is sterwend en as sy die geld kry, kan sy bekostig om te betaal vir ’n operasie om sy lewe te red.

Man On Fire

e.tv 20:30

Denzel Washington speel ’n geharde lyfwag wat gehuur is om ’n jong meisie te beskerm. Maar dan word sy ontvoer en as haar beskermer haal hy alles uit in ’n wraak-aangevuurde poging om haar te red en haar gevangenemers met hul lewens te laat betaal.

Equilibrium

e.tv 23:30

Dis laat maar hierdie is ’n goeie een! Christian Bale speel ’n polisieman in ’n futuristiese wêreld waar emosies onwettig is. Maar dan hou hy op om sy medikasie te gebruik en begin weer voel, wat hom alles laat bevraagteken wat hy verdedig het.

Saterdag

Betty And Correta

SABC2 16:00

Dis harde werk om ’n burgerregte-aktivis te wees, maar om dié persoon se wederhelfte te wees, is nog moeiliker. En dit word goed uitgebeeld in hierdie biografiese drama wat die verhaal vertel van Betty en Correta, vroue van die vermoorde aktiviste en ikone Malcolm X en Dr. Martin Luther King.

The Sixth Man

SABC3 19:30

Beroeps-sportmanne en –vroue moet 100 persent op die sportveld konsentreer. Maar wat gebeur as jou dooie broer se spook by jou wedstryde begin opdaag? Vind uit in hierdie komedie met Marlon Wayans . . .

We Bought A Zoo

e.tv 19:30

’n Jong pa probeer na sy kinders omsien ná sy vrou en hul ma se dood. En hoe help hy hulle om die dood te verwerk? Hy koop ’n sukkelende dieretuin en hulle trek daar in en kyk na die diere. Maar daar wag ’n verrassing op hulle . . .

Sondag

The Mask of Zorro

e.tv 12:00

’n Legendariese gemaskerde vigilante neem ’n jong straatdief onder sy vlerk as vakleerling. Hy soek wraak op die man wat sy lewe verwoes het en al manier hoe ons held Zorro dit gaan regkry, is om ’n sterker, vinniger, meer atletiese plaasvervanger te kry.

Gangster Squad

e.tv 20:00

Los Angeles in 1949 is nie ’n goeie plek om te wees nie – daar is georganiseerde misdaad om elke hoek en draai. Maar wat die boewe en hul handlangers nie weet nie is dat twee tawwe polisiemanne ’n span bymekaarkry wie se enigste doel is om misdaad stop te sit.

Ant-Man

M-Net 20:05

’n Doodgewone klouterdief kry die kans van ’n leeftyd wanneer hy ’n superpak steel. Dit spog nou wel nie die Superman se S nie, maar dit omskep hom in ’n superheld so groot soos ’n mier met ongelooflike krag. En dis al wat hy benodig om die wêreld teen ’n nuwe booswig te beskerm!