Vrydag

Dreamer: Inspired by a True Story

e.tv 14:30

’n Renperdafrigter en sy dogter ervaar persoonlike probleme. Dan kom hulle op ’n beseerde perd af en pa en dogter smee nuwe bande tydens die renperd se hersteltyd.

Hero Wanted

e.tv 20:30

Die kung fu-meester Jet Li onthul die geheime agter sy houe en skoppe in sy rol as ’n Chinese vegter wat die keiser vertel hoe hy die land se drie grootste krygsmanne verslaan het.

Solo

e.tv 22:25

’n Bioniese man is geprogrammeer om ’n sending te voltooi en sy maatskappy se mededinger te vernietig. Pleks daarvan raak hy verlief tydens sy sending en moet hy sy minnares beskerm terwyl sy base ’n tweede bioniese span stuur om die taak af te handel en hom te vernietig.

Saterdag

Peter Pan

SABC2 16:00

In hierdie oorvertelling van die befaamde kinderverhaal ontmoet Peter Pan die gewone kinders Wendy Darling en haar twee broers wat net betyds in kammaland aankom om te sien hoe Captain Hook en sy seerowers hul moses teëkom teen Pan en The Lost Boys.

Harry Potter & the Order of the Phoenix

e.tv 19:30

In hierdie fliek neem die jong towenaar Harry Potter sy vriende Ron en Hermione weer saam op ’n magiese avontuur. Hierdie keer sluit Harry hom aan by ’n geheime groep towenaars en hekse wat regmaak vir oorlog teen die bose lord Voldemort.

Dodgeball: A True Underdog Story

e.tv 22:20

Die eienaar van ’n kwynende gimnasium het twee opsies: óf hy verkoop sy gimnasium aan die gemene gimnasiumbaas oorkant die pad wat die hele wêreld wil beheer óf hy stel ’n span trefbalspelers saam, skryf in vir ’n toernooi en stap weg met die hoofprys wat groot genoeg sal wees om sy gimnasium te red.

Sondag

Romeo Must Die

e.tv 20:00

’n Hongkongse polisieman word beskuldig van ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie en beland agter tralies. Toe hy vrygelaat word, gaan hy reguit Amerika toe om die mense op te spoor wat hom verraai het, want dit is ook hulle wat sy broer vermoor het.

Exodus: Gods & Kings

M-Net 20:05

Almal ken die storie van Moses wat Egipte toe gegaan het om sy Joodse landgenote te bevry, maar nou het die tyd aangebreek om daardie Bybelstorie lewensgetrou te ervaar. En wie neem die leiding in hierdie epos as Moses? Niemand anders nie as Christian Bale, wie se bekendste rol eintlik dié van Batman was.

Antwone Fisher

e.tv 22:20

’n Top militêre psigiater se moeilikste taak lê voor toe die jong soldaat Antwone Fisher na hom toe gestuur word vir behandeling. Mettertyd raak Antwone se gedrag uiters gewelddadig en sy traumatiese verlede moet gekonfronteer word voor hy dalk onherstelbare skade aanrig.