Vrydag

Pokémon Ranger and The Temple of the Sea

e.tv 14:30

Die Pokémon-prins word ontvoer. Die watermense en ’n Pokémon-wetstoepasser moet die koninklike gyselaar red en terugbring na die Seetempel voor die bose seerowers hulle aanval.

Rocky IV

e.tv 20:30

Rocky Balboa is terug in die bokskryt, maar hierdie geveg kan hom sy lewe kos. Hy kom te staan teen ’n Russiese bokser wat soos ’n masjien is: Hy het nie einde nie, hy hou nie op met slaan nie en hy het net een doel voor oë: om Rocky te vernietig.

Mr. Nice Guy

Mzansi Magic 22:00

’n Chinese kok raak deurmekaar met ’n TV-joernalis wat besig is om ’n dwelmtransaksie te verfilm. Nou word die joernalis se lewe bedreig en die koeng foe-kok is al mens wat die bloeddorstige dwelmsmouse kan keer.

Saterdag

The Smurfs 2

e.tv 19:30

Die slegte towenaar Gargamel is terug. Hierdie keer ontvoer hy Smurfette en probeer haar oorhaal om haar geheime towerformule bekend te maak. Maar raai wat? Smurfette se vriende gaan haar red en as die helde wegstap.

The Man with the Iron Fists

SABC3 21:00

’n Ystersmid uit antieke China moet sy gereedskap neerlê, sy veghandskoene aantrek en sy dorp teen ’n groep skattejagters te beskerm. Waarna soek hulle? Skatte, natuurlik!

Don’t Say a Word

e.tv 21:45

’n Sielkundige se dogter word ontvoer en die enigste manier om haar te red, is om ’n getraumatiseerde meisie te oortuig om ’n geheim te verklap.

Sondag

Rise of the Planet of the Apes

e.tv 20:00

’n Sjimpansee kry medikasie wat bestem was om Alzheimer-lyers hul denkvermoë te help herwin. Dit maak die sjimpansee superintelligent – hy begin orent loop, dink en praat. Boonop beteken dit die begin van die einde vir die mensdom soos ons dit ken.

The DUFF

M-Net 20:05

Skool is nie aldag pret nie. Veral nie as jy ’n vaaljapie is en almal jou terg nie. Maar wat as jy gewild kan wees? Dit is net mooi wat ons hoofkarakter gaan uitvind in hierdie prettige en verspotte romantiese komedie, want sy gaan ook die skool se vleispaleis se voete onder hom uitslaan.

The Thin Red Line

e.tv 22:10

Oorlog is ’n verskriklike ervaring, des te meer as jy lid is van die invallende troepe. Dit is nog erger om, soos hierdie soldate gaan uitvind, beheer oor te neem oor ’n vyandige vesting. Baie skote gaan afgevuur word, en baie mense gaan sterf.