Vrydag

Legionnaire

e.tv 20:30

Jean-Claude van Damme is op sy beste wanneer dit by gevegskuns kom. Hierdie keer vertolk hy die rol van ’n klubbaas wat in die 1920’s van sy vyande af vlug en by die Vreemdelegioen in die woestyn aansluit.

The Expendables 3

M-Net 21:30

Sylvester Stallone, en feitlik elke ander ster wat al in ’n Hollywood-aksiefliek gesig gewys het, is te sien in die derde aflewering van The Expendables. En net soos by die eerste twee, beteken die draaiboek net mooi niks; alles gaan oor ontploffings en oor wie se skietding die grootste en boosste is.

Hitman

e.tv 22:40

’n Geneties versterkte sluipmoordenaar gaan op ’n wraaktog nadat hy tydens ’n vorige sending bedrieg is. Gelukkig weet sy base hoe om hom te troef. Of hulle dink hulle weet . . .

Saterdag

Ice Princess

SABC2 16:00

’n Jong sierskaatser werp alles in die stryd om ’n kampioen te word.

3 Ninjas: Knuckle Up

e.tv 19:30

Drie jong ninja-broers red hul Indiaanse vriendin en haar stam van ’n korrupte sakeman wat gifstowwe op hul reservaat stort.

Something the Lord Made

SABC2 20:30

Hierdie biografie handel oor die persoonlike en professionele vriendskap tussen twee van die beste hartchirurge ter wêreld en hoe hulle saamgewerk het om hul bedryf te verbeter.

Sondag

Walking Tall

e.tv 20:00

Toe ’n soldaat terugkeer huis toe, ontdek hy skurke het sy tuisdorp oorgeneem. Hy neem die reg in eie hande en begin laat die boewe les opsê. Het ons genoem die rol van dié soldaat word vertolk deur niemand anders nie as die WWE-superster The Rock?

Teenage Mutant Ninja Turtles

M-Net 20:05

New York word aangeval deur Shredder, sy Foot-kliek en ’n bose sakeman. Die verslaggeefster April O’Neil en haar vier tienerjarige ninja-vriende moet tot die redding kom.

Master & Commander: The Far Side of the World

e.tv 21:50

’n Waansinnige Britse skeepskaptein jaag ’n Franse oorlogskip met sy skippie om die wêreld. En as hulle nou hul prooi inhaal, wat dan? Die klomp kanonne sal beslis hul storie moet ken . . .