Vrydag

Tears Of The Sun

e.tv 20:30

’n Rowwe en tawwe oorlogsveteraan word na die oorloggeteisterde Nigerië gestuur om ’n Amerikaanse dokter te red. Die probleem is dat sy ’n taak het wat afgehandel moet word, en sy wil nie huis toe gaan voor dit gedoen is nie . . . en dit beteken die SEAL-span van die VSA wat ingestuur is om ’n oorlog te voorkom, moet nou self om oorlewing veg.

The Recruit

Mzansi Magic 22:00

Waar word die geheime agente van die Amerikaanse Intelligensiediens opgelei? By ’n instelling wat “Die Plaas” genoem word – en James Clayton, wat die rol van Colin Farrell speel, kry ’n eerstehandse kykie omdat hy een van die top-afgestudeerdes is, maar dit waarborg nie sy aanstelling as spioen vir die Amerikaanse Intelligensiediens nie.

Furious 7

M-Net 22:45

Die straatrenjaer Dominic Toretto en sy span is terug, maar vir hoe lank? Dit blyk dat die slegte ou wat hulle in Fast 6 in die hospitaal laat beland het, ’n ouer broer het wat regtig kwaad en gemeen is. Hy is boonop in Londen, gereed om Dom & Kie terug te betaal met die drag slae van hul lewe.

Saterdag

The Legend Of Bagger Vance

e.tv 14:00

’n Misterieuse joggie daag op net toe ’n oudsoldaat wat professioneel geraak het, hom voorberei om af te slaan in die grootste gholftoernooi in sy lewe. Maar die gholfspeler sukkel met sy innerlike demone en dit beïnvloed sy spel. Gelukkig ken ons joggie ’n paar truuks om die taak af te handel en die dryfhou reguit in die skoonveld af te stuur.

The Maiden Heist

SABC3 19:00

Ikone van die akteursbedryf, soos Morgan Freeman en Christopher Walken, span saam in hierdie prettige misdaadkaperjol. Hulle speel ’n bende sekuriteitswagte by ’n museum. Wel, dis waar hulle gewerk het voor hulle in die pad gesteek is, maar pleks van in vrede weggaan, beraam hulle ’n plan om hul geliefkoosde kunswerke, wat miljoene werd is, te steel.

The Pink Panther 2

e.tv 19:30

Historiese artefakte verdwyn oraloor. En dit beteken daar is net een man wat die taak opgelê kan word om hulle te vind: insp. Jacques Clouseau, wie se droogmakery en onbeholpe vaardighede as polisiebeampte sy ware genialiteit verdoesel. Hoe anders kan ’n mens die feit verklaar dat hy altyd die misdade oplos?

Sondag

Beyond the Reach

M-Net 11:05

’n Man word in die middel van die Mojave-woestyn wakker – naak en bang. Dit blyk dat hy ’n toergids is wie se vorige baas op hom jag maak, want hy was ’n getuie van ’n moord en sy baas wil nie hê hy moet enigiets aan die polisie uitlap nie.

Captain America: The First Avenger

e.tv 20:00

’n Kêrel wat graag soldaat wil wees, sal enigiets doen om by die troepe aan te sluit gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Dit sluit in om ’n proefkonyn te wees vir ’n mal uitvinder wat van hom die eerste supersoldaat ter wêreld wil maak. Min weet ons held waarvoor hy hom inlaat . . .

Get Hard

M-Net 20:05

’n Idiotiese finansiële ghoeroe word aangekla van verduistering. Om hom voor te berei op sy lewe agter tralies, stel hy ’n ekstronkvoël aan wat hom moet leer om agter tralies te oorleef. Behalwe dat hy nog nooit die binnekant van ’n tronk gesien het nie: Hy is net ’n hoopvolle entrepreneur wat vinnig geld wil maak!