Vrydag

Ramona And Beezus

e.tv 14:30

’n Gesin beleef ’n slegte tyd en hul huis gaan teruggeneem word. Gelukkig beskik die tienerdogter, Ramona, oor ’n wilde verbeelding en vele verborge talente, dus neem sy die verantwoordelikheid om die probleme op te los en die gesinshuis te red!

Drunken Master

e.tv 20:30

Jackie Chan keer terug met nog een van sy redelik onbekende Asiese kung-fu-meesterstukke. Hierdie rolprent toon ’n jong seun wat opgelei word in die gevegskuns want hy het ’n belangrike opdrag om uit te voer – hy moet ’n moordenaar stuit wat probeer om ’n oorlog te begin.

Spy

M-Net 22:45

Die spioenasiewêreld is vol verrassings. Soos byvoorbeeld ’n kantoorbestuurder wat nie alleen goed is in die spioenasiewêreld nie, sy is in werklikheid beter as die meeste van die ander speurders. En dit is net daar wat sy by die besigheid ingetrek word en gevra word om te help om ’n kernramp te stuit.

Saterdag

Last Vegas

Mzansi Magic

20:30

Die manne van die ou skool weet werklik hoe om partytjie te hou. En, in hierdie komedierolprent wat oor ’n groep 70- en 80-plussers handel, trek hulle op Las Vegas toe wanneer hul beste vriend besluit om hom uiteindelik te vestig. Wat in Vegas gebeur, bly in Vegas, of hoe?

Identity Thief

SABC3 21:00

’n Doodgewone man gaan voort met sy daaglikse roetine. Maar dan vind hy uit sy identiteit is gesteel en iemand gee baie geld uit in sy naam. Wenk: ’n skreeusnaakse jaagtog wanneer ons ongelukkige held na die dief wat sy lewe lei, gaan soek.

Talladega Nights: The Ballad Of Ricky Bobby

e.tv 21:20

Die grapjas, Will Ferrell, ry verskriklik vinnig as mal en moroonagtige Nascar-bestuurder wat eintlik briljant met die stuurwiel omgaan. Dit stort egter ineen toe ’n arrogante Formule 1-bestuurder uit Frankryk arriveer en die Nascar-renbaan oorneem en ons held se loopbaan na die kuipe toe stuur.

Sondag

The Hunchback Of Notre Dame

SABC3 14:30

Roep die kleingoed – dis tyd vir ’n klassieke Disney-fliek! In hierdie eeue oue animasierolprent kom Quasimodo, die hobbelrug-beiaardier wat deur almal vermy word, tot die redding van Esmeralda, die pragtige sigeunermeisie op wie hy verlief is en wie se lewe in gevaar verkeer.

X-Men

e.tv 20:00

Die heel beroemdste span slapbandboekhelde kry die grootskermbehandeling in hierdie wetenskapfiksierolprent waar ’n groep mense met buitengewone kragte en vaardighede saamspan om ’n gesamentlike vyand te beveg … en hy is een van hulle!

Run All Night

M-Net 20:05

Dit is nie ’n maklike taak om die huurmoordenaar van ’n bende te wees nie. En dinge word nog meer bemoeilik wanneer een van die manne gedwing word om te kies tussen hulp aan sy vervreemde seun wat vermoor gaan word of bystand aan sy beste vriend, ’n bendebaas, wie se seun vermoor is.