Vrydag

Die Hard with a Vengeance

e.tv 20:30

Bruce Willis is terug as die tawwe polisieman John McClane. Ssy lewe gaan binnekort heelwat moeiliker word: ’n wraaksugtige, nuwe vyand dreig om die grootste deel van New York op te blaas as John nie sy raaisels kan oplos nie. Ten minste is John nie alleen nie; sy nuwe vriend, Zeus, kan hom help.

The Detonator

SABC1 22:00

’n Amerikaanse geheime agent het ’n nuwe sending: hy moet ’n belangrike getuie veilig deur Europa begelei. Sy grootste probleem? Hy is ’n Amerikaner wat deur Europa reis; hulle gaan uiters opvallend wees.

Kickboxer 3: The Art of War

e.tv 23:10

Nog laat wakker en jy wil die Vrydag disnis slaan? Skakel in terwyl Sasha Mitchell die derde keer in die skopbokskryt klim op pad Rio de Janeiro toe vir ’n belangrike toernooi.

Saterdag

Back to the Future 3

SABC2 16:00

Doc is vasgekeer in die Wilde Weste en Marty moet hom vind. Met die DeLorean-tydreismotor, natuurlik. Maak reg vir ’n bietjie oudtydse skop-en-skiet-pret van lank-lank gelede toe die toekoms nog net om die draai was.

Harry Potter and the Deathly Hallows Part 1

e.tv 19:30

Die towenaar Harry Potter kom ál nader aan ’n kragmeting met die bose lord Voldemort. Maar hy gaan eers Ron en Hermione se hulp nodig kry om die magtige Horcruxes te verslaan, iets wat Voldemort se swart towerkuns aanvuur.

Snow White and the Huntsman

SABC2 22:00

Hierdie donker herverbeelding van die feëverhaal Sneeuwitjie is vol hope aksie, hope swart toorkuns en hope bose goedheid, danksy ons eie Charlize Theron as die bose koningin. Teen die einde sal jy waarskynlik wens sy wen, so goed beeld sy haar slegtigheid uit!

Sondag

Green Lantern

e.tv 20:00

Die rammetjie-uitnek Ryan Reynolds is op sy stukke as ’n toetsvlieënier van vegvliegtuie wat ’n boaardse towerring ontdek. Hy was bowenal nog altyd iemand wat net die heel beste wil wees – en nou kan hy, as hy net mooi kophou en die eerste menslike Groen Lantern-beskermer van die heelal word.

The Hunger Games: Mockingjay Part 1

M-Net 20:05

Katniss is met mening terug nadat sy in The Hunger Games weer weens honger amper omgekom het. Maar hierdie keer is dinge anders: sy word nou Mockingjay genoem en sy verander die gebeeldsende geveg tot die dood vir altyd.

Alex Cross

Mzansi Magic 22:00

’n Reeksmoordenaar beproef ’n speurder tot die uiterste deur die polisieman se privaat lewe in hul dodelike kat-en-muisspeletjie te gebruik. Iemand gaan die hoogste prys moet betaal.