Vrydag

Jersey Boys

M-Net 09:20

Diegene wat in die sestigerjare geleef het, het goeie geleenthede gekry om musiek te maak. Veral hierdie vier jongmanne aan die verkeerde kant van die treinspoor in New Jersey. Hoekom? Omdat hulle hul talente gebruik het om die ikoniese orkes, The Four Seasons, te stig!

The Jungle Book: Rumble In The Jungle

e.tv 14:30

Mowgli en sy maters is terug vir nog 'n avontuur in die wilde oerwoud en hierdie keer irriteer hul musiek vir Shere Khan. Tromspelery is musiek in sy ore, dan nie, hmmm?

The Siege

e.tv 20:30

Die Amerikaanse regering hou graag geheime sendings dig. Maar wat gebeur nou as hul bod om 'n terroris te ontvoer, uitgelap word? Die stad New York word die teiken vir wraakaanvalle, dis wat gebeur!

Saterdag

Pitch Perfect

SABC3 19:30

'n Jong universiteitstudent kry die kans van 'n leeftyd om haar sangtalent aan haar studentesusters te toon. Al wat sy hoef te doen is om by die a cappella-groep “slegs vir meisies" aan te sluit en hulle te help om die manne van die groep “slegs vir manne" in 'n kompetisie te klop.

Black Knight

e.tv 19:30

Sommige mense se lewe draai net om hul werk, maar wat gebeur nou as jy by 'n Middeleeuse pretpark werk en jy skrik wakker in 14de eeuse Engeland? Baie moeilikheid en baie gelag, dis wat dit is!

Blitzpatrollie

Mzansi Magic 22:00

Die nuwe opdrag van twee bedremmelde polisiemanne by 'n verwaarloosde polisiestasie in die middestad van Johannesburg is ver bo hul vuurmaakplek. In plaas van lasbriewe uitskryf, raak hulle by 'n dwelmnetwerk betrokke en moet hulle hul distrik, sowel as hulself, red.

Sondag

Snakes On A Plane

e.tv 20:00

'n Speurder van die FBI kry opdrag om 'n sleutelgetuie per vliegtuig na die anderkant van die land te neem. Hy is egter salig onbewus van die feit dat iemand sy reisgenoot wil doodmaak en dat hulle dodelike slange op die vliegtuig gelaai het in die hoop dat húlle die takie sal afhandel.

Annie

M-Net 20:05

In hierdie moderne weergawe van die klassieke verhaal woon 'n weeskind en 'n superryk sakeman aan weerskante van die wêreld, tog is hulle op soek na dieselfde ding. En hulle vind daadie aanvaarding en liefde by mekaar … met 'n klompie liedjies langs die pad...

The Cold Light Of Day

Mzansi Magic 21:00

'n Bankier van Wall Street kom voor 'n feitlik onmoontlike taak te staan. Sy gesin is ontvoer en hy moet 'n baie spesifieke aktetas, met 'n baie spesifieke voorwerp daarin, vind indien hy hulle weer lewend wil sien. As hy misluk, verdwyn sy gesin vir altyd.