Dit is waarna jy kan uitsien die naweek:

Vrydag

Terminator 3: Rise of the Machines

e.tv 20:30

Arnold Schwarzenegger is terug in sy beroemdste rol: as ’n dodelike bioniese man uit die toekoms. Hierdie keer red hy weer John Reese uit die kloue van nog ’n nuwe Terminator . . . en, boeta, is sy nie ernstig nie!

Chappie

M-Net 22:30

Dié film speel af in ? postapokaliptiese Suid-Afrika waar ’n polisierobot deur diewe gesteel word om hom te programmeer om self te dink en voel. As hulle tog nou net sy “help-ons-banke-beroof-en-ons-vyande-doodmaak”-knoppie kan kry . . .

Valkyrie

e.tv 22:40

Hitler was amper nie by die Tweede Wêreldoorlog nie! ? Paar van sy eie manne het hom probeer vermoor. En as hierdie Tom Cruise-fliek so akkuraat is as wat hy voorgee, het daardie Nazi-soldate Adolf so byna afgemaai.

Saterdag

Here Comes the Boom

e.tv 19:30

’n Biologie-onderwyser spring in sy spanbroek om sy skool se musiekprogramme, wat desperaat is om geld te kry, te red. Hoe gaan hy dit regkry? Deur aan allerlei Oosterse gevegskunstoernooie deel te neem.

Big Miracle

SABC3 19:30

Gegrond op ? ware verhaal. ’n Nuusverslaggewer van ’n dorpie in Alaska betrek haar hele gemeenskap by ’n belangrike taak. ’n Skool walvisse is vasgekeer in ’n klein yspoel en moet gehelp word om terug te keer na die oop see.

Fight Club

e.tv 21:45

’n Gekwelde verkoopsman ontmoet ? interessante seepverkoopsman op ’n vlug huis toe. Sy wêreld word omvergegooi toe die twee ’n ondergrondse gevegsklub begin wat in ’n wettelose organisasie ontaard.

Sondag

300

e.tv 20:00

Die legendariese Spartaanse koning Leonidas word verbied om tydens die heilige fees oorlog te voer. Pleks daarvan neem hy 300 lyfwagte op ’n uitstappie tot naby waar die invallende Persiese magte kampeer, sommer net om in te loer en te vra: “Hoe gaan dit . . .”

Fury

M-Net 20:05

Midde-in ’n belangrike opdrag tydens die Tweede Wêreldoorlog, verdwaal ’n groep Amerikaanse soldate en sit sonder ’n werkende tenk. Hul oplossing? Om seker te maak dat die taak voltooi word, word die Nazi’s doodgemaak en hul sending is suksesvol, danksy ? bietjie improvisasie.

Seven Pounds

SABC1 21:00

’n Man wat weghardloop van sy deurmekaar verlede, vind sieleheil en die oplossing vir sy probleme. Hy gaan sewe algehele vreemdelinge help om die persoonlike struikelblokke in hul lewe te oorkom, en so kan hy vergoed vir sy vorige sondes.