Vrydag

Mortal Kombat

e.tv 20:30

In ’n videospeletjie wat omskep is in ’n ordentlike rolprent, word 'n groep ervare soldate van die aarde gekies om die planeet in 'n interdimensionele geveg tot die dood te verdedig. Daar is niks so lekker soos om 'n vuishou of twee in te kry ten einde die mensdom te red nie, nie waar nie?

Catch.44

M-Net 21:30

Drie dodelike vroulike huurmoordenaars kry hulle nuwe opdrag by hul glibberige baas. Hy wil hê dat hulle ’n swendelaar-dwelmsmous moet stuit voordat ’n voordelige transaksie kan versuur, maar dit gaan nie so maklik wees om genoemde teiken uit die weg te ruim nie. Natuurlik nie.

Muhammad Ali’s Greatest Fight

SABC1 22:00

Muhammad Ali het in die middel van sy legendariese boksloopbaan ’n aansienlik tawwer opponent gehad as enige gewone bokser. Die Amerikaanse regering het hom beveel om aan hulle kant te gaan veg in die oorlog, maar hy het geweier. Toe probeer hulle om hom tronkstraf op te lê. Groot fout …

Saterdag

Back To The Future 3

SABC3 19:30

Marty McFly neem sy tydreismotor terug na die tyd van cowboys en Indiane in die Wilde Weste om sy maat Doc, die wetenskaplike, te gaan red. As die jong Marty nie slaag nie, gaan albei van hulle se toekoms vir altyd verander!

Battleship

SABC2 20:30

Die oorlogsvlote van oor die hele wêreld is besig met militêre maneuvers in Hawaii. Goeie plan, nie waar nie? Dit werk net totdat ’n buiteruimtelike slagskip besluit om in dieselfde waters kamp op te slaan en te begin om die vlootskepe aan flarde te skiet!

Meet The Fockers

e.tv 19:40

Die verpleër Greg Focker se grootste taak lê nog voor. Hy moet sy hippie-agtige, vryegenerasie-ouers aan sy skoonpa, wat ’n voomalige geheime agent is, voorstel. As jy Meet the Parents gesien het, weet jy presies hoe goed dit gaan eindig!

Sondag

Robots

e.tv 12:00

’n Jong robot-uitvinder kry sy droomwerk: om te werk asof met sy uitvinderheld. Wat hy egter nie besef nie, is dat sy aspirasies op die punt is om in duie te stort, want dit is nou nogal nie so romanties/bekoorlik om ’n uitvinder te wees nie.

Clash Of The Titans

e.tv 20:00

Zeus en die hele mensdom roep die halfgod Perseus op. Die angswekkende uitdaging wat die eenvoudige visterman die hoof moet bied? Hy moet sy bose oom Hades die dié se monsteragtige dier Kraken oorwin voordat hulle die wêreld uitmekaarskeur!

Lucy

M-Net 20:05

’n Bende rampokkers mislei 'n onskuldige student om ’n nuwe soort dwelm uit te smokkel. Dan lek die dwelms egter binne-in haar uit en verander haar in ’n superrekenaar wat deur niemand gestuit kan word nie!