Vrydag

Stuart Little 3: Call Of The Wild

e.tv 14:30

Stuart en sy mensgesin gaan met ’n epiese gesinsvakansie. Dit staan egter op die punt om bederf te word wanneer ’n eienaardige gedierte die bos se diere begin terroriseer. Wat staan ‘n aangenome muisheld nou te doen? Natuurlik moet hy die situasie red!

The Book Of Eli

e.tv 20:30

Die planeet lê aan skerwe en net een man het die sleutel tot redding, maar sal Eli in een stuk by sy bestemming aankom? Wel, hulp is op pad, maar daar is heelwat slegte karakters wat sy waardevolle boek soek en wat sal moor om dit in die hande te kry. . .

Miss Congeniality 2: Armed & Fabulous

Mzansi Magic 22:00

Die FBI-agent, Gracie Hart, keer klandestien terug. En sy moet soos ’n prikkelpop optree in hierdie sending. . . om ’n ontvoerde mededinger in ’n skoonheidskompetisie op te spoor en ’n bom te ontlont! Sandra Bullock op haar beste as komediant!

Saterdag

D2: The Mighty Ducks

SABC3 19:30

Die yshokkie-kleingoed is terug vir nog koel avonture op ys. Hierdie keer het die nasionale span van die VSA hul afrigter gehuur, maar hy is nie so seker dat sy huidige spannetjie kan wen nie. Daarom soek hy hulp in die vorm van sy Mighty Ducks!

Daddy Day Care

e.tv 19:30

Twee pa’s word afgedank by die werk. Hulle is verveeld en sonder inkomste, dus besluit hulle om ’n dagsorgsentrum in hulle buurt oop te maak. En boeta, is die resultate lag-dat-die-trane-loop snaaks, allermins omdat Eddie Murphy die hoofrol speel en hy sy hande vol het met die onbeheerbare kleingoed!

She’s Out Of My League

e.tv 21:25

Tipies: ’n vaal mannetjie raak tot oor sy ore verlief op ’n pragtige vrou. Nie so tipies nie – sy is ook op hom verlief. Terwyl alles op die oog af goed verloop, kry ons dolgelukkig verliefde outjie ’n bietjie slegte nuus van sy vriende af: sy meisie is buite sy liga. Dit is dan wanneer hy begin wonder oor alles en sy verhouding in gevaar kom.

Sondag

Ghostbusters 2

e.tv 12:00

Iets baie eienaardigs is in die omgewing aan die gang, dus word die Ghostbusters ingroep om die stad New York te kom red. Waarmee kry hulle te doen? Ag, jy weet. . . ’n rivier ektoplasmiese slym en ’n skildery wat lewendig word. . . eintlik maar net die gewone goed.

The Mechanic

e.tv 20:00

Jason Statham, die rolprent-hardebaard, vertolk die rol van ’n sluipmoordenaar wat elke deeltjie van sy lewe tot in die fynste besonderhede agtermekaar gekry het. Wat hy egter nie in gedagte gehou het nie, is die feit dat sy nuwe leerjonge die seun van ’n voormalige teiken is, en dat hy sy moordenaar-mentor wil doodmaak as terugbetaling.

The Cobbler

M-Net 20:05

Adam Sandler is terug op die kassie met nog ’n lawwe komedie, maar hierdie een is ten minste propvol oulikheid. Hy speel die rol van ’n skoenmaker wat ’n tower-skoeneherstelmasjien in sy winkel ontdek. Deur dit te gebruik, kan hy as engiemand wie se skoene hy regmaak, lewe. . . en dit loop uit op talle skreeusnaakse avonture.