Vrydag

Earth To Echo

M-Net 09:30

’n Groep tieners ontvang geheimsinnige boodskappe uit die buitenste ruim. Wat kan hulle doen? Ontsyfer die boodskappe, natuurlik! En dit is dan wanneer hulle uitvind wat hul geheime opdrag is: help ’n ruimtewese om huis toe te gaan.

Sliding Doors

SABC1 22:00

’n Vrou bevind haarself by ’n kruispad in haar lewe. Gelukkig het sy vergunning vir twee uitweë: die lewe wat sy gekies het en die een wat sy wens dat sy gekies het, en wat sy nou eerstehands ervaar.

Annabelle

M-Net 22:30

Dit is hoog tyd dat jy jouself behoorlik bangmaak met hierdie grufliek wat handel oor ’n sataniese kultus wat in ’n paartjie se huis intrek. Dit is egter nie die paartjie se probleem nie – hulle moet hul bekommer oor die vreemde gebeurtenisse wat plaasvind en die manier waarop ’n verrinneweerde ou pop boosheid in hul huis inbring!

Saterdag

Annie

M-Net Satellite 06:00

Staan op en skitter – die dag begin vroeg en prettig wanneer ’n jong weeskind kry wat sy nog altyd graag wou hê: ’n gesin. Die betrokke gesin? ’n Eensame politikus wat aanvanklik gedink het ’n kind sou sy veldtog aanhelp en toe vind hy sy redding by die weeskind.

Stolen Miracle

SABC3 22:00

Gegrond op ’n ware verhaal: ’n baba word deur ’n vrou, wat soos ’n verpleegster aangetrek is, uit 'n hospitaal gesteel. Terwyl dit voorkom asof die polisie na strooihalms gryp, begin die ouers van die pasgebore baba na hul bondeltjie vreugde soek om hom te red voordat hy uit die staat uitgeneem kan word.

Not Another Teen Movie

e.tv 22:15

Trek jou komediekouse aan want die doel van hierdie rolprent is om al die tiener romkoms wat die rondte doen, die loef af te steek. En niks word teruggehou nie – mense soos Chris “Captain America” Evans gaan die draak steek met alles en almal.

Sondag

Tyler Perry’s A Madea Christmas

M-Net 20:05

Die kreatiewe superster, Tyler Perry, is terug met 'n knal as sy geliefkoosde karakter – die tawwe/taai ou ouma Madea. En in hierdie komediefliek word sy omgepraat om 'n verrassingsbesoek by haar dogter af te lê, maar op die ou end is dit meer van 'n openbaring vir Madea as enigiets anders.

Malcolm X

e.tv 22:20

Maak jou gereed om lank te sit, want hierdie epiese biografie is lank! Denzel Washington, wat die titelrol vertolk, roep een van die Verenigde State se mees gerespekteerde politieke aktiviste in die lewe: van die vroeë jare van Malcolm X se lewe tot by die sluipmoord op hom.

Taken 3

M-Net 23:45

Dit mag nou wel laat wees, maar dis nooit te laat vir Taken Action nie, aangesien Liam Neeson, as afgetrede agent van die CIA, gatte skop en name afneem. Hierdie keer word hy valslik aangekla van moord, en, terwyl hy polisiemanne wat op sy spoor is, ontvlug, moet hy boonop nog sy onskuld ook bewys.

  • Hierdie is ons laaste TV-gids vir 2015. Die TV-gids sal weer vanaf 4 Januarie verskyn.