Vrydag

Pokemon: Lucario & the Mystery of Mew

e.tv 14:30

Pikachu word ontvoer en na ’n towerboom diep in die geheime bos geneem. Nou moet sy vriende Ash en Ketchum, met ’n bietjie hulp van hul eie vriende, Pikachu opspoor en red.

Rocky III

e.tv 20:30

Rocky Balboa, die bokskampioen, het weliswaar sleg verloor in die tweede fliek, maar hy verwerk sy nederlaag en gaan terug na die kryt om teen ’n teenstander te baklei wat hom moontlik kan doodmaak. Hoekom doen hy dit dan? Rocky se nuwe teenstander het sy vriend, Apollo Creed, doodgemaak en Rocky soek vergelding!

Alien 3

e.tv 22:35

Ripley, die ruimtevaarder, het na haar ruimteskip teruggekeer en dit laat neerstort op ’n vyandige planeet. Wat die rateltaai soldaat (nog) nie weet nie, is dat ’n bose nuwe koningin haar dood wil hê.

Saterdag

Pixels

M-Net 06:00

Ja, dit laat jou Saterdag baie vroeg begin, maar dis die moeite werd. En moet ook nie van kanaal verander omdat dit ’n Adam Sandler-rolprent is nie. Hy vertolk die rol van ’n legendariese speler van videospeletjies wat deur die Amerikaanse regering gevra word om hul klein probleempie rakende ruimtewesens op te los. Dit kom voor asof die booswigte uit die ruimte reeds opgedaag het en hulle lyk soos karakters van videospeletjies uit die 1980’s … en daar is net een persoon wat hierdie taak kan bemeester!

The Smurfs

e.tv 19:30

Woude is vol bosskepsels . . . en klein blouetjies! Partykeer kom hulle wel in die groot stad, soos in hierdie oulike en prettige rolprent gebeur. Die bose towernaar, Gargamel, en sy kat, Azrael, is minder oulik en prettig, en wil die Smurfs ontvoer en hul towergeheime uitvind.

Contraband

SABC3 21:00

Mark Wahlberg is terug op sy vuisswaaiende beste in dié aksiebelaaide drama. Hy speel ’n gewese smokkelaar wat ’n skoon en misdaadvrye lewe lei. Maar dan verbrou sy swaer ’n groot dwelmtransaksie en Mark se karakter moet die situasie en sy familie red.

Sondag

The Nutcracker Sweet

SABC3 14:30

Dit is nog bitter ver van Kersfees af, maar dit beteken nie die feestyd kan nie nou al gevier word nie! Roep die kleingoed, want ’n groep kinders word op Oukersaand na ’n towerwêreld verplaas waar hulle by ’n neutkrakersoldaat aansluit in sy stryd teen ’n bose leër rotte.

Faster

e.tv 20:00

Dwayne “The Rock” Johnson is die ster in dié aksiefliek oor ’n oudgevangene wat, deur wraak gedrewe, amok maak. Niks nuuts nie, of hoe? Toe nou nie. Dit kom daarop neer dat hy die verkeerde dinge van die verlede wil regstel en uitvind wie hom aan die pen laat ry en sy broer vermoor het.

Spy

M-Net 20:05

’n Skaam spioenhanteerder wil niks anders doen as om haar vaardighede in die veld te bewys nie, behalwe dat sy nie wil hê enigiemand moet weet hoe goed sy is nie. Maar dan kry sy ’n opdrag: Keer dat ’n kernoorlog uitbreek.