Vrydag

Into the Woods

M-Net 09:30

Al wat ’n jong paartjie graag wil hê, is om ouers te word, maar dit is hulle nie beskore nie. Tot ’n heks hulle vertel hoe om ? kind te kry . . . as hulle vir haar alles op haar lysie sal bring.

Die Hard

e.tv 20:30

’n Polisieman wil net graag Kersfees tuis saam met sy vrou wees. Die probleem is dat die gebou waar sy werk, beset word deur terroriste en hulle maak mense dood in hul poging om miljoene dollars kontant in die hande te kry. Onnosel terroriste – nou het hulle ons polisieheld kwaad gemaak en hy gaan die laaste een van hulle uitwis.

Contraband

SABC1 22:00

’n Smokkelaar dink sy misdadige lewe is iets van die verlede noudat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het en van vooraf begin het. Net een klein probleempie: sy simpel swaer het ’n dwelmtransaksie verbrou en as ons smokkelaar-vriend nie dié transaksie deurvoer nie, sal iemand die hoogste prys moet betaal.

Saterdag

Sweet ’n Short

e.tv 14:05

’n Sukkelende sportaanbieder raak in ’n koma en skrik jare later wakker in ’n baie nuwe en veranderde Suid-Afrika. Hy is ten minste is nie heeltemal alleen in sy poging om te probeer aanpas in die nuwe land nie – hy het ’n klein maatjie wat dink hy is ’n genie en hy wil baie graag ’n nuwe horlosie in die hande kry. Leon Schuster op sy beste!

The Lion King 2: Simba’s Pride

SABC3 19:30

Die Leeukoning se dogter het die sleutel tot die hereniging van hulle trop met die uitgeweke trop. Al probleem is dat hulle iemand anders se hulp nodig het: die prinses se bose neef, wat dalk nie in ’n bui is om saam te speel nie.

The Karate Kid

e.tv 19:30

’n Amerikaanse ma trek China toe vir haar werk en neem haar tienerseun saam. Hy word op skool afgeknou omdat hy ’n buitestander is, maar dan neem ’n wyse karate-leermeester hom onder sy vlerk en leer hom hoe om homself te verdedig. Met karate. En skoppe. En houe.

Sondag

Annie

M-Net 10:45

’n Weeskind tref die spreekwoordelike boerpot toe sy weggeneem word van haar nare stiefma af. Sy gaan bly toe by ’n politikus, maar terwyl dit eintlik sy bedoeling is om ons klein heldin te gebruik om sy gewildheid aan te help, loop dit uit op haar wat hom om haar pinkie draai en hulle ontdek dit wat hulle albei soek: ’n liefdevolle gesin wat vir mekaar omgee.

Sleeping Beauty

SABC3 14:30

Dit is tyd vir tekenprenttoorkuns, ouens! Kyk mooi hoe ’n heks die koninklike prinses vervloek, sy in ’n diep slaap verval en net gewek kan word deur die kus van haar enigste groot liefde. Gelukkig het sy ’n hand vol betroubare maats wat na haar omsien terwyl sy slaap – die beroemde Sewe Dwergies.

GI Joe: The Rise Of Cobra

e.tv 20:00

’n Parmantige dog briljante soldaat wil net graag eer aan sy land bewys . . . en hy kry die kans om sy allerbeste te doen op die hoogste vlak toe hy vir die GI Joe’s gewerf word. Hulle vorm ’n geheime militêre taakmag wat nou moet keer dat ’n sterk vyand die wêreld in ’n oorlogsone omskep.