VRYDAG

Home

M-Net 09:30

’n Dag verlof? Mooi so! Want die pret begin vroeg met hierdie oulike animasieprent oor ’n skadelose ruimtewese wat moeilikheid maak en van sy planeet af weggejaag word. Hy beland op Aarde en veroorsaak selfs meer drama, maar help dan ’n klein meisietjie om haar ma te vind.

The Terminator

e.tv 20:30

Dit is die rolprent wat Arnold Schwarzenegger die grootste aksiefilmster nog gemaak het. Hy speel ’n bioniese moordenaar wat uit die toekoms gestuur is om die ma van die weerstandsleier te vermoor voor sy kan swanger raak. Maar dan verander hy van plan en beskerm haar eerder.

Conan the Destroyer

e.tv 22:40

Conan die barbaar is bevorder en staan nou bekend as Conan die vernietiger. Hoekom? Omdat hy almal vernietig wat dit waag om in sy pad te staan. Eers help hy egter ’n heks om ’n groot skat te vind, want sy het belowe om Conan se afgestorwe geliefde lewend te maak.

Saterdag

Definitely, Maybe

SABC3 19:30

’n Jong, geskeide pa moet sy egskeiding aan sy dogter verduidelik. Hoe doen hy dit? Hy vertel haar die storie van die drie grootste liefdes in sy lewe en kry op die ou end meer as net vrede uit die stories.

Agent Cody Banks 2: Destination London

e.tv 19:30

Cody Banks, die tienderjarige geheime spioen, vertrek op ’n sending na Londen. Hy moet ’n groep wêreldleiers beskerm teen ’n kriminele meesterbrein wat ’n toestel het wat denke kan beheer.

Hall Pass

SABC3 21:30

Twee getroude mans is moeg vir hul gebonde lewe en hul vroue is moeg vir hul gekla. Die dames gee die mans ’n naweek om te doen net wat hulle wil, sonder enige nagevolge. En, boeta, gaan die twee nie kattekwaad aanvang nie!

Sondag

Rocky Balboa

e.tv 20:00

Rocky, die bokslegende, probeer ’n stil lewe weg van die bokskryt lei. Maar een keer ’n vegter, altyd ’n vegter. Hy word teruggelok kryt toe om die warmste nuwe swaargewigbokskampioen die stryd aan te sê om te bewys Rocky is en bly die beter bokser.

Playing It Cool

M-Net 20:05

Dit is nie altyd maklik om ’n draaiboekskrywer te wees nie. Soms loop jy jou teen ’n muur vas en is daar net mooi niks waaroor jy kan skryf nie. Daar is egter ’n oplossing, soos ons skrywersheld uitvind: Hy gebruik sy persoonlike lewe as inspirasie om sy jongste projek te voltooi.

Michael Jackson’s This Is It

SABC1 21:00

Voor sy dood het die koning van pop geoefen om ’n wêreldwye herverskyning te maak met sy This Is It-toer. Hierdie dokumentêre rolprent gee ’n kykie agter die skerms tydens Michael Jackson se repetisies saam met sy dansers en musikante, en hoe hy hulle in werklikheid ore aangesit het met sy dans- en sangtalent.