Vrydag

Pathfinder

e.tv 20:30

’n Inheemse Amerikaanse stam neem ’n gestrande Viking-seun in hul versorging nadat sy mense hom tydens strooptogte agterlaat. Jare later keer die Vikings terug en kom weer van aangesig tog aangesig met die kind – maar nou is hy ’n dapper, bedrewe krygsman wat meer weet van die land as sy nuwe vyande.

Let’s Be Cops

M-Net 20:30

Twee beste vriende wat niks beter het om te doen nie trek soos polisiemanne aan vir ’n kostuumpartytjie – hulle kon selfs hul hande op ’n ou polisiekar lê. Dan vind hulle uit mense dink hulle is regte polisiemanne en dít het voordele – wettig en onwettig . . .

Mike Tyson: Undisputed Truth

SABC1 22:00

Die gewese wêreld-swaargewigkampioen Mike Tyson is nogal snaaks. Glo jy ons nie? Kyk hierdie eenmanvertoning waarin Iron Mike niks terughou nie terwyl hy terugkyk op sy lewe, loopbaan en alles tussenin.

Saterdag

Back to The Future Deel 2

SABC3 19:30

Marty McFly en Doc gaan terug . . . na die toekoms. Hierdie keer moet hulle hulself in die toekoms van hulself in die verlede red – dit terwyl hulle seker maak hulle versteur niks in hul verlede wat ’n invloed op hul toekoms kan hê nie. Verward? Kyk dit net en geniet hierdie terugtog na die verlede!

The Pink Panther 2

e.tv 19:30

Die legendariese Pink Panther-diamant is gesteel en die onhandige Inspekteur Clouseau werk aan die saak. Sal die nar die saak kan oplos en die kosbare steen vind? Of sal hy in almal se pad wees en die ondersoek heeltemal ruïneer?

Blades of Glory

e.tv 21:25

Twee mededingende manlike skaatsers se wedywering is so intens dat hulle die sport se goeie naam en reputasie skend. As straf word albei verbied om aan die kompetisie deel te neem. Gelukkig is daar ’n skuiwergat sodat die twee wel kan deelneem – as ’n span!

Sondag

Predators

e.tv 20:00

’n Deurmekaar groep huursoldate word bymekaargemaak, bedwelm en op ’n ruimtetuig gesit. Wanneer hulle ontwaak, kom hulle agter hulle word met mening gejag en die ruimtewesens is warm op hul spoor!

Tammy

M-Net 20:05

’n Luidrugtige, vermetele en vuilbek-werknemer word by ’n kitskosrestaurant afgedank. Boonop betrap sy haar man in die bed saam met haar beste vriend wanneer sy huis toe gaan. Wat moet ’n vrou dan doen? Toer deur die land saam met haar vloekende, alkoholis-ouma – dis wat!

Moonraker

e.tv 22:10

James Bond is terug in aksie – dié keer maak hy jag op ’n gesoute misdadiger. Hoekom? Die skurk het ’n nuwe ruimtewapen gesteel wat maklik ingespan kan word om enige stad op die planeet te verwoes.