Vrydag

Stuart Little

e.tv 14:30

’n Weesmuis wat kan praat word deur ’n welgestelde gesin aangeneem. Wat hy egter nie verwag het nie, is om ’n huiskat as troeteldier te kry. En, Boeta, hoe haat hierdie kat nie sy nuwe baas nie.

Vantage Point

e.tv 20:30

’n Polisieman kry ’n nuwe opdrag by die werk: Hy moet ’n poging om die president om die lewe te bring herkonstrueer om vas te stel waarom dit gebeur het, hoe dit gebeur het en wie betrokke was. Gelukkig het hy hope ooggetuies wat bereid is om inligting te verskaf.

Underworld: Evolution

e.tv 22:20

’n Vampier-kryger en haar geliefde is aan die vlug. Hoekom? Want mense het uitgevind vampiere en weerwolwe bestaan werklik en hulle wil nou elke lid van albei spesies uitwis.

Saterdag

The Mighty Ducks

SABC3 19:30

’n Prokureur word tot gemeenskapsdiens gevonnis nadat hy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is en moet ’n groep wanaangepaste yshokkiespelers afrig. Gelukkig is hy self ’n oudspeler, dus verstaan hy die sport en weet wat hy doen. Maar verwag hy om ’n paar lewenslesse by sy span kinders te leer? Beslis nie.

Are We Done Yet?

e.tv 19:30

In die opvolgprent van Are We There Yet? is die gesin weer op ’n sending en hulle word gedwing om te wag tot die taak afgehandel is. Hierdie keer is dit herstelwerk aan die huis, maar pleks daarvan dat dit ’n week of wat neem, word die bouwerk uitgerek en besorg dit hulle yslike hoofbrekens.

Old School

e.tv 21:25

’n Groepie middeljarige mans is nie tevrede met hul lewe nie en bedink ’n oplossing vir hul probleem. Die antwoord? Gaan terug kollege toe, begin hulle eie studentegilde en leef asof hulle weer 20-jariges is.

Sondag

Ghostbusters

e.tv 12:50

As daar iets vreemds in jou buurt skuil, soos geeste, spoke en ander bonatuurlike wesens, is daar net een groep ouens wat kan help -- die Ghostbusters. Want hulle weet net hoe om ontslae te raak van die bose en nare geeste wat jou net nie wil uitlos nie.

Rush Hour 2

e.tv 20:00

Jackie Chan en Chris Tucker is terug vir nog dolle polisiepret. Hierdie keer is hulle in Hongkong, maar pleks van die welverdiende ruskans geniet, is die twee weer midde-in die aksie en ondersoek hulle die geldwasserybedryf.

Tracers

M-Net 20:05

’n New Yorkse fietsboodskapper word deur ’n Chinese bende gejaag. Gelukkig is hy ’n fiks jong man wat hulle so byna-byna uitoorlê en wegkom. Nog ’n bietjie geluk vir ons held is die hulp wat hy met sy ontsnapplan kry.