Vrydag

The Simpsons Movie

e.tv 14:30

Bart en sy gesin vlug van hul huis in Springfield, Hoekom? Want Homer het ’n groot gemors van hul mooi dorp gemaak! Want Homer het ’n groot gemors van hul pragtige dorp gemaak en nou is dit in kwartyn onder ’n reuse-glaskoepel. O, en dit gaan van die aarde gewis word om plek te maak vir ’n nuwe toeriste aantreklikheid. Dit klink, erm, billik . . .

Rocky

e.tv 20:30

Sly Stallone se ikoniese bokser-karakter skop die fliek-reeks van dié epiese verhaal af. Die aspirant-bokser Rocky Balboa kry dit kans waaroor hy nog altyd gedroom het, maar nog nooit vir hom moontlik was nie. Hy kry die geleentheid om in die bokskryt te klim saam met die Wêreldswaargewigkampioen en sien hoe goed hy werklik is.

Gridlock’d

Mzansi Magic 22:00

Die vermoorde rymkletser Tupac het in die verlede sy lyf akteur gehou en dié is een van die laaste flieks waarin hy gespeel het. Dit fliek gaan oor twee beste vriende wat oor dwelmverslaafdes is. Een van hulle vriende sterf van ’n oordosis dwelms en die vriende probeer om ’n nuwe blaadjie om te slaan en skoon te kom – net om te besef die polisie en ’n bende wil hulle dood hê.

Saterdag

Horton Hears A Who

e.tv 14:10

Eendag stap ’n olifant rond en hoor piepstemmetjies wat om hulp roep. Wanneer hy die spulletjie van nader bekyk, sien hy dat daar piepklein spesies is wat op ’n spikkel stof woon in hierdie wonderlike animasieprent vir kinders. En, dis toe Horton, die olifant, besluit om dié nuwe vriende te red!

Night At The Museum

e.tv 19:30

’n Sukkelende man aanvaar ’n werk as die nagwag van ’n plaaslike museum. Hy is op soek na ’n stil, vervelige werk waar hy nie baie moeite hoef te doen nie. Wat hy kry, is iets heel anders – want ’n oeroue towerspreuk laat die “inwoners” van dit museum snags “lewe”, end it sluit ’n spelerige T-Rex in!

Snow White & The Huntsman

SABC3 21:30

Dié klassieke sprokie kry ’n donker wolk – meesal te danke aan Charlize Theron as die bose koningin. Maar wat die bose koningin nie weet nie is dat Sneeuwitjie (die mooiste in die land) ’n nuwe geheime bondgenoot het wat haar help om die koningin dood te maak –

en dit is niemand anders as die as die koningin se getroue kneg, ‘The Huntsman’ nie!

Sondag

Live Free Or Die Hard Trying

e.tv 20:00

Die geharde polisieman John McClane is wéér in die moeilikheid! Dié keer kry hy darem ’n bietjie hulp om ’n kuber-terroris vas te trek wat die land bedreig. Maar sal dit vir John moontlik wees om sy kuberkraker-vriend te oortuig om die regte ding te doen?

Focus

M-Net 20:05

Will Smith is op sy beste wanneer hy ’n bose karakter vertolk, en dis meesal omdat hy dit so maklik laat lyk. Maar wat gebeur wanneer die lewe van sy voormalige lewe in sy huidige bedriegspul instap en alles op sy kop keer. Die arme man kan skaars ’n sin uitkry toe hy haar sien. . .

The Birdcage

e.tv 22:40

The Birdcage is een van die oorlede Robin Williams’s se ikoniese rolle, veral die danstoneel. Hy vertolk ’n eksentrieke gay man wat probeer om sy gay vriend meer “manlik” te laat oorkom en ontmoet sy toekomstige skoondogter se konserwatiewe ouers. O, die drama!