Kranige kykers, hier’s jul nuttige gids met vanaand se TV-hoogtepunte:

17:30 Roer! (kykNET): Zane Meas, oftewel die koerantman Neville Meintjie in 7de Laan, bewys op Roer! dat hy meer as net ’n goeie akteur is; hy handhaaf hom ook sommer baie goed in die kombuis.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Gerhard is baie tevrede met Hermien se sakevernuf en kundigheid, al waarsku Stef hom teen haar. Nadine het Wouter in haar sak en dit maak Suria baie bekommerd.

18:27 7de Laan (SABC2): Die gewilde Arno Carstens en sy orkes tree op in Stasie Ses en die plek is gepak. Gaan Bruynwaves die J&O-kontrak behou?

19:30 Pasella (SABC 2): Pasella raak grapperig met die manne van Robbie Wessels se nuutste rolprent, 100 m Leeuloop, en kyk na ’n ou geweerversameling. Dieter gee ’n voorskou van die Cape Epic-bergfietsroete.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock gebruik sy vermoëns om ’n professor se moordenaar op te spoor. Watson kry ’n oproep van ’n eks-kêrel wat haar hulp nodig het.

22:40 Boy Meets Girl (e.tv): ’n Verhaal oor hoe onvoorspelbaar die lewe en liefde is. Met Jasmine Guy en Reed Diamond.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.