Jou TV-gids:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid speel ’n slinkse spel met Stef en hy is lugtig, maar Fritz maan hom om haar nog ’n kans te gee.

18:30 Binneland (kykNET): Daleen staan voor haar moeilikste besluit tot dusver. Gideon leer Morné dans voor iemand anders die onmoontlike takie regkry.

19:30 Liefste Kayla (kykNET): Dis tyd vir die jaarlikse skooldans en almal is opgewonde. Kayla en Nadia moet geld insamel vir die dans. Nadia nooi ’n spesiale gas om op te tree.

20:00 30 Rock (SABC 3): Reeks begin. Liz en Carol word gedwing om oor hul verhouding na te dink. Jack en Avery stry oor die dekor by die huis.

22:30 Californication (M-Net): Ken vind uit van Charlie se geheim. Marcy neem ’n belangrike besluit.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.