Vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz oortuig Zirk dat die skilderye elders moet wees en hulle vertrek om dit te gaan soek. Hermien se onderduimse planne misluk.

18:30 Binneland (kykNET): Die hare waai behoorlik toe Franz hoor Gideon wil sy aandele hê.

19:00 Rise of the Planet of the Apes (M-Net Movies Showcase): ’n Skouspelagtige verhaal oor hoe die ape se revolusie begin het. Met James Franco.

19:30 Modern Family (M-Net): Jay en Gloria hou ’n werfverkoping om Manny en Luke te help met die skool se liefdadigheid-geldinsameling.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock moet ’n saak ondersoek toe daar by ’n bank se kluis ingebreek word. Joan is verras toe Sherlock haar familie ontmoet.

22:35 Deadly Water (e.tv): In 1973 het die negejarige Ray ’n pylinkvis-aanval oorleef, maar sy ouers is dood. Hy het beloof hy sal wraak neem op die gedrog. Met Charlie O’Connell en Victoria Pratt.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.