Vanaand se TV-hoogtepunte:

17:30 Roer! (kykNET): Sarie se kosspan, Barbara Joubert en Herman Lensing, skrik nie as dit by bak en kook kom nie. As jy dus ’n liefde vir onthaal het, skuif vanaand halfses nader.

18:00 The Cosby Show (SABC 3): Rudy en Vanessa baklei gedurig, maar hul ouers beraam ’n plan om albei ’n les te leer.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Die dokters gaan voort met die hofsaak en staar die werklikheid van hul beserings in die gesig. Cristina soek na normaliteit in haar nuwe omgewing. Bailey lei Arizona om die bos.

20:00 The Amazing Race (SABC 3): ’n Uitdaging het pynlike gevolge toe ’n deelnemer ’n nukkerige plaasdier teëkom.

21:30 The Princess Diaries 2: The Royal Engagement (M-Net Movies Family – kanaal 105): Mia Thermopolis is pas klaar met haar studie en slaggereed vir haar rol as prinses van Genovia. Met Anne Hathaway.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.