TV-verslaafdes, hier’s jul nuttige gids met vanaand se TV-hoogtepunte:

17:30 Roer! (kykNET): Gerhard Odendaal en Carien Botha, oftewel Vaatjie en Blapsie, span saam agter die kospotte. Gerhard maak sy gunsteling-biltongblokkies en Carien sorg vir die res.

18:00 The Cosby show (SABC 3): Dis vir Sondra moeilik om tuis te bly met die tweeling.

18:30 7de Laan (SABC 2): San-Mari is hoogs ontsteld toe sy hoor Diederik het trouplanne. Toe hy haar en Pierre sien handjies vashou in Mostly Matisse, is die duiwel los.

19:00 50/50 (SABC 2): Die Groen Skerpioene bewaar die omgewing deur omgewingswette af te dwing. In die Oos-Kaap help hulle al die afgelope 10 jaar die broodboom beskerm.

20:00 The Amazing Race (SABC 3): Skuif nader vir die 16de seisoen van dié Emmy-bekroonde werklikheidsreeks. Uiteenlopende spanne ding oudergewoonte mee, soos paartjies, ouers, sibbe, vriende, modelle, prokureurs, speurders en selfs cowboys.

21:00 My Family (SABC 3): Dit blyk Kenzo is die slagoffer van ’n wraak-veldtog deur Michael se voormalige kunsonderwyser.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.