Hier is vanaand se TV-hoogtepunte:

17:30 Roer! (kykNET): Riaan Hunter is gewoonlik die ou wat gehore betower met sy diep stem, maar vanaand beïndruk hy sy aanhangers agter die kospotte.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Nadine draai Wouter weer eens om haar pinkie en hy doen sy bes om haar te help. Lerato is nie gelukkig by Isabel nie. Fran wil haar kleinkind terug by die Villa hê.

19:30 Revenge (M-Net): Nolan kom te staan teen ’n spook uit sy verlede. Daniel se rol word bevraagteken. Emily en Aiden wurm hulle in by Grayson Global.

20:00 Fiela se Kind (kykNET): Fiela Komoetie (Shaleen Surtie-Richards) het haar hanskind, Bejamin, soos haar eie grootgemaak sedert hy as driejarige op haar stoep verskyn het. Toe sien die owerhede daar is ’n wit kind op haar werf . . .

20:30 Blue Bloods (M-Net): Danny en Kate sukkel om iets uit te rig ná die skietery. Linda maak ’n deurbraak in die saak toe sy hoor hoe die slagoffer vir ’n priester sê wie verantwoordelik is.

21:30 Two and a Half Men (SABC 3): Reeks eindig. Charlie se rybewys word nietig verklaar en Jake word Charlie se bestuurder.

22:05 The Mentalist (SABC 3): Patrick en die res van die span word gedwing om met ’n ou vyand van Patrick saam te werk sodat hulle ’n ontvoeringslagoffer kan opspoor.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.