Hier is vanaand se TV-hoogtepunte:

17:30 Roer! (kykNET): Joe Niemand is ’n ou wat kan uithou en aanhou. In die kombuis leer hy kykers ’n ding of wat van souttertjies en braai.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Petrus en Lerato flous Marius, maar sy is lugtig vir Anthony. Hy is glad nie seker van Petrus se siekte nie.

18:27 7de Laan (SABC 2): Gisteraand se uitval tussen Diederik en Pierre het ernstige gevolge. Is Stasie Ses regtig ingestel op ’n ander mark of gaan hulle ernstige mededinging vir die Deli en Oppikoffie word?

19:30 Liefste Kayla (kykNET): Oupa Frank en tannie Ansie het al amper alles in die huis terugbesorg. Kayla is nog baie hartseer oor Chelsea haar bedrieg het en oupa Frank doen sy bes om haar op te kikker. Kayla, Nadai en Dolf berei ’n eksotiese sewegangmaaltyd vir Kayla se ouers.

20:10 Midnight in Paris: Gil se werk as ’n draaiboekskrywer verveel hom. Hy droom daarvan om te bedank en te werk aan sy “groot roman”. Hy koester romantiese idees as ’n arm skrywer in Parys. Met Owen Wilson en Rachel McAdams.

22:05 Law and Order:  ’n Betoger word tydens ’n immigrasie-veldtog vermoor en die saak veroorsaak spanning in McCoy se kantoor.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.