JOU DAG

Streef daarna om jou take vandag op ’n georganiseerde wyse af te handel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vol energie en geesdrif en hou daarvan om in beheer van sake te wees. Vanjaar behoort jy dinamika met diplomasie te kombineer.

RAM, 21 Maart-20 Apr.

’n Tweerigtinggesprek is die geheim vir ’n suksesvolle dag. Hou die kommunikasiekanale oop en onderdruk die begeerte om krities of veroordelend teenoor familie en vriende te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat kwessies by die werk of tuis betref, moet jy meer buigsaam wees. Onthou, daar is verskillende maniere om projekte te benader. Jy sal nuwe idees aanvaar en positiewe veranderings aanmoedig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die maan beweeg deur die Tweeling, dus lyk skryf, studeer, sosiale netwerke en kort reise gunstig. As jy nie fyn luister na ander mense nie, kan daar misverstande kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy vandag met ander mense kommunikeer, moet jy nie oppervlakkig wees en net vinnig oor belangrike projekte praat nie. Hoe dieper jy met jou gesin en vriende skakel, hoe meer bevredigend sal dit wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Studie en navorsing word belig, maar moenie toelaat dat jy by lang, ingewikkelde gesprekke oor geld ingesleep word nie. Gesamentlike finansies is nou ’n mynveld, dus moet jy ’n wye draai om die onderwerp loop.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vermy die geneigdheid om ’n berg van ’n molshoop te maak. Aangesien jy opgewerk raak oor iets wat hoegenaamd nie saak maak nie, moet jy nie vinnige skuiwe met geld maak nie. Vat jou tyd.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Is jy superkrities oor jou voorkoms? Onthou, volmaaktheid is ’n doelwit, nie ’n bestemming nie. Bowendien is daar meer fantasie as feit in die standaarde rakende skoonheid wat tans deur die massamedia uitgebeeld word.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Luister gerus na jou maat. En as jy enkellopend is, onthou jy sal nie jou sielsmaat ontmoet as jy by die huis rondlê nie. Vind kreatiewe maniere om te sosialiseer en te adverteer, persoonlik en aanlyn.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Pluto storm deur jou geldsone. Laat ons dus hoop jy het jou geneigdheid om op inkopietogte te gaan, behoorlik onder beheer. Dit is hoog tyd dat jy korttermyngiere met langtermynstrategieë vervang.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie ’n eenkantmens wees nie. Hoe meer inklusief en aanpasbaar jy is, hoe beter sal die dag uitdraai. Jy sal uitvind dat jy, wat ander mense betref, met woorde wat prys verder sal kom as met aanhoudende kritiek.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Ruim vandag tyd in om saam met familie en vriende deur te bring terwyl julle saam ontspan en die jongste nuus deel. Sorg dat jy nie betrek word by verwarrende en stresvolle gesprekke oor geldsake nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan ’n groot bydrae lewer in ’n groepsituasie, dus moet jy nie skaam wees om jou mening te lug nie. Saturnus eis uiters hoë standaarde, dus lyk dit asof die werk stresvol gaan wees. Trap uiters versigtig.