Maandagaand, 26 Januarie 2015, se episode op kykNET (DStv kanaal 144).

Die skreeusnaakse Terence Bridgett laat die gehoor kruip soos hulle lag, terwyl Joshua Na Die Reën se voorsanger 'n dag saam met Wicus deurbring. En dit sal nie regverdig wees as ons hom nie laat sing nie!

HemelBesem en Emo laat die tonge klap met hulle kletsrym. Anne vang bietjie vir HemelBesem uit…

Dit is nóg 'n skreeusnaakse episode met lekker gaste – gaan groot met die tweets en die deel daarvan!

Kyk Jou Show, Maandagaand, 26 Januarie om 20:30 op kykNET!