Vanaand op die kassie:

18:00 Binneland (kykNET): Franz het ’n plan met Gideon wat nie vir Bea sin maak nie. Gideon maak sy eie gevolgtrekkings.

18:27 7de Laan (SABC 2): Hoe gaan San-Mari besluit oor Pierre? Dis die oomblik van waarheid vir Annelie se eerste ontwerp vir ’n betalende klant. Gaan dit ’n sukses wees?

20:00 Funny People (kykNET): ’n Skreeusnaakse rolprent oor die reaksies van mense. Niksvermoedende verbygangers van dwarsoor Suid-Afrika het telkens in Buster Reynolds se strik getrap en snaakse goed aangevang.

21:25 Driven to Extremes (Discovery Channel – 121): Die Hollywood-legende Adrien Brody en Formule 1-ster Mika Salo pak saam een van die moeilikste paaie ter wêreld aan: diep in die Maleise berge in die hartjie van die reënseisoen.

22:30 Californication (M-Net): Hank en Faith woon saam ’n begrafnis by en hy ontmoet vir Atticus Fetch. Robbie Mac neem Charlie uit en Marcy hou nie daarvan nie.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.