1. Hulle herwin urine en sweet – en drink dit dan

[caption id="attachment_126717" align="aligncenter" width="600"]Ruimtevaarders besig om water op die IRS te drink Foto: NASA[/caption]

Water is kosbaar op die Internasionale Ruimtestasie (IRS) want dis baie duur om dit van die Aarde af te vervoer. Die IRS het omtrent 2 000 liter water vir ? noodgeval, maar die Amerikaanse en Europese ruimtemanne en -vroue herwin die meeste van hul water, en dit sluit in die hergebruik van urine, waswater en kondensasie. Kondensasie bestaan uit sweet en die wasem van asemhaling . . .

“Dit proe net soos bottelwater,” het Layne Carter, die water-substelselbestuurder vir die IRS, die sakekanaal Bloomberg verseker. Om die waarheid te sê is die suiweringstelsel so gesofistikeerd dat “die water wat ons uiteindelik kry, suiwerder is as die meeste van die water by die huis”, het die Kanadese ruimteman Chris Hadfield vertel.

As die Amerikaanse ruimtevaarders gelukkig is, kan hulle selfs Russiese urine in die hande kry want die Russe herwin nie hulle s? nie – een van die redes waarom die Amerikaners meer water het. Die Russiese toilet is in ? ander module van die ruimtestasie en die Amerikaners moet dus sakke urine gaan haal en terugsleep van die Russiese na die Amerikaans/Europese module toe.

“Nuttig tot by die laaste druppel! Maak piepie drinkbaar en verander dit in koffie,” was die byskrif wat die Amerikaanse ruimteman Scott Kelly verlede jaar getwiet het saam met ? foto van ? druppel wat by die IRS-koffiemasjien uitborrel. Loer hier om te kyk hoe water op die IRS herwin en gefiltreer word:

2. Hulle dra doek

[caption id="attachment_126736" align="aligncenter" width="600"]Collage van ruimtewandelaars buite die IRS en twee voorbeelde van ruimtedoeke HEEL BO: Ruimtewandelaars moet almal doeke dra. BO: Twee weergawes van die Maksimum-Absorberende Kledingstuk. Foto's: NASA[/caption]

? Ruimtewandeling is ? ingewikkelde affêre en kan tot sewe uur duur. En jy kan nie sommer terugdraf ruimtestasie toe wanneer die nood roep nie. Daarom is die eerste kledingstuk wat ? ruimtevaarder aantrek wanneer hy of sy in hul R180 miljoen-ruimtewandelpak optof, niks anders nie as ? outydse doek. Ja, amper soos dié wat babas dra. Natuurlik noem hulle dit nie ? doek nie, dit spog met  die deftige naam Maksimum-Absorberende Kledingstuk (MAK). Die MAK kan sowel urine as stoelgang absorbeer en word gewoonlik soos ?  broek opgetrek. Maar ons is taamlik seker die slim ruimtevaarders gaan loop hul draai voor hulle by die ruimtestasie uitsweef, en dat die doek – ’skuus, MAK – net in noodgevalle gebruik word . . .

3. Hulle dra dae lank dieselfde onderklere

[caption id="attachment_126741" align="aligncenter" width="600"]Foto van IRS se robot-arm wat ’n kapsule vol vullis weggooi. Vuil wasgoed en ander vullis word in ’n kapsule (eintlik ’n klein ruimtetuigie) gepak en met een van die IRS se robot-arms in die ruimte gelanseer. Dit vlieg dan aarde toe en brand in die atmosfeer uit. Hier word so ’n "vullisdrom" van 1,5 ton bo Bolivia weggegooi. Foto: NASA[/caption]

Dis ? onmoontlike taak om klere met water in ? gewiglose omgewing te was en daar is nie genoeg plek op die IRS om vars onderklere en klere vir elke dag te bêre nie.

Vuil wasgoed word in plastieksakke gepak en saam met die vullis in die ruimte uitgesmyt om in die Aarde se atmosfeer verbrand te word. In ? onderhoud in Februarie 2013 het die ruimteman Don Pettit bely dat hy net elke drie of vier dae skoon onderklere aantrek, en dat hy nog steeds dieselfde kortbroek dra as wat hy aangetrek het toe hy in November 2012 op die ruimtestasie aangekom het! Die enigste goeie nuus hier is dat die ruimtevaarders in die ruimtestasie ronddryf eerder as om te loop of te hardloop, en dat hulle dus nie so gou sweterig en vuil word soos op die Aarde nie.

4.  Vuil onderklere word gebruik om plante te kweek

[caption id="attachment_126744" align="aligncenter" width="600"]Foto van die tamatie- en basilieplantjies in 'n broeikas Don Pettit se onderklere-groente. Foto: NASA[/caption]

Don het ? ou onderbroek ingespan om tamatie- en basiliesaadjies te laat ontkiem, want in die ruimte is daar natuurlik geen grond nie. “ ’n Sferiese kern was nodig om my planter aanmekaar te sit. ? Ou onderbroek het goed gewerk,” sê hy doodluiters. Dit en gaas het gesorg dat die sade binne twee dae ontkiem het, maar die plantjies het gou verwelk en gevrek. Ons is nie verbaas nie.

5. Ruimtevaarders moet op ? skerm kyk hoe hulle ’n watsenaam doen

[caption id="attachment_126902" align="alignnone" width="600"]xx 'n Ruimtevrou dryf bo die toilet op die IRS. Foto: NASA[/caption]

Die toilette op die IRS het ? baie nou opening (net meer as 10 cm breed) en ruimtemanne en -vroue moet potjielesse op Aarde neem want as enigiets uit die toilet ontsnap en in die lug ronddryf is die gevolg nie net grillerig nie, maar ook baie gevaarlik omdat dit belangrike toerusting kan beskadig.  (Jig!!)

Wanneer hulle dus oefen om no. 2 op die ruimtestasie te doen, moet ruimtevaarders ? ogie hou op die skerm voor die toilet wat verbind is aan ? kamera binne-in die toilet – dit sorg dat hulle kan seker maak hulle mik presies reg. (Dubbeljig!!) As jy meer wil weet oor hoe toilette op die IRS werk, kan jy gerus dié video-toer deur van die IRS-modules onderneem:

Hmm . . . is jy nog seker jy wil ? ruimtevaarder wees?

Van die ruimte gepraat . . . 

  • As die storie hierbo vir jou interessant was, moet jy beslis nie Huisgenoot se splinternuwe publikasie, Reis na die Ruimte, misloop nie! Dit kos R45 en is oral te koop waar jy jou Huisgenoot sal kry. Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ‘n mens te werk moet gaan om ‘n ruimtevaarder te word.

Voorblad van Huisgenoot Reis na die Ruimte publication

  • En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space wat eersdaags in Sandton afskop ná ‘n baie suksesvolle toer deur Europa. Klik hieronder en koop jou kaartjies sommer nou!

Klik hier om kaartjies te koop