• ’n Fotograaf van New York het Jen (23) ontdek toe sy op 14 saam met haar familie vakansie gehou het. Nadat sy ’n kort rukkie modelwerk gedoen het, het sy besluit om ’n aktrise te word.
  • Nes haar karakter, Katniss, kan sy kers vashou by die ouens! As kind het JLaw hokkie, sagtebal en basketbal gespeel – in seunspanne!
  • Sy is ’n groot aanhanger van Jim Carrey se komedie Dumb and Dumber en ken elke liewe woord in die fliek. Sy het selfs ’n klein rolletjie in die opvolgfliek losgeslaan.
  • Sy het ’n hart van goud. Jen het ’n spesiale vertoning van Catching Fire op haar tuisdorp, Louisville in Kentucky, gereël ten bate van ’n organisasie wat werk met mense met gestremdhede. Sy het dit gedoen ter ere van die Downsindroomlyer Andy Strunk (23), met wie sy van kleins af bevriend is.
  • Sy soen lekker! Josh Hutcherson (21), haar medester in die Hunger Games-flieks, sê “dinge gebeur” met hom wanneer hulle voor die kameras soen. En hy is nie al een wat mal is oor haar nie. One Direction se Harry Styles (19) dink ook sy is oulik.
  • Jammer ouens, sy het ’n kêrel . . . Jen en haar X-Men-medester Nicholas Hoult (23) is glo weer saam nadat hulle in Januarie uitgemaak het.

BRONNE: SHOWBIZSPY.COM, COMPLEX.COM, LOUISVILLE.COM, THOUGHTCATOLOG.COM, HYPABLE.COM