Die 38-jarige sanger het Saterdag sy nuwe liedjie, Lazaretto, voor ’n paar van sy aanhangers in Nashville, Tennessee, gespeel ter herdenking van Record Store Day, ’n jaarlikse viering van die vinielkultuur.

Hy het die liedjie, met ’n beperkte uitreiking net op plaat, binne drie uur, 55 minute en 21 sekondes uitgereik. Die sanger-kitaarspeler noem dit die “wêreld se vinnigs uitgereikte plaat”, maar moenie verwag dat sy prestasie as ’n Guinness World Records opgeteken gaan word nie.

Jack sê hy weet nie eens of iemand anders al so iets probeer regkry het nie. Hy het dit net gedoen om Record Store Day en sy nuwe album, Lazaretto, te bemark.

Jack was in musiekgroepe soos The White Stripes, The Dead Weather and The Raconteurs.