Die metropolisie van Tshwane het die man, wat ’n wit BMW 325i bestuur het, die eerste keer gevang dat hy 192 km/h in ’n 120 km/h-sone op die N1 ry, sê Wayne Minnaar, die hoofsuperintendent van die metropolisie van Johannesburg.

“Maar hy het nie vir die beamptes stilgehou nie en toe hy die Johannesburg-gebied weer binnery, het beamptes van die metropolisie van Johannesburg hom gevang dat hy 200 km/h ry. Hulle het daarin geslaag om hom te laat stilhou en hom in hegtenis geneem.

“Hy is toe na Pretoria teruggeneem waar hy aangehou is, en hy sal ook in die hooggeregshof in Midrand vir ’n spoedoortreding moet verskyn.”

- Sapa