Gewaagde rok en blonde hare

Naya het dié foto van haar ligter haredos onlangs op Instagram gedeel (nes Kim nadat sy verlede jaar die lewe aan baba North geskenk het) en haar uitrusting in die foto lyk soos een wat Kim in Oktober in Parys gedra het.

In nog ’n foto van haar en haar verloofde, Big Sean, lyk haar borste groter. Die skindertonge bespiegel of sy daaraan laat werk het.

Stywe rompie en kort toppie

Sedert Kim haar swangerskapsgewig afgeskud het, is hierdie een van haar gunstelinguitrustings. En raai wie anders dra dit ook? Jip, reg geraai: Naya Rivera.

Suster-selfies

Naya het dié kiekie op Twitter van haar en haar suster, Nickayla Rivera, gedeel en Kim het een van haar en Khloé op Instagram gedeel.

Bykomende bronne: lifeandstylemag.com, hollywoodlife.com