[question title="Jy hoor hoe ’n onderwyser oor ’n klasmaat praat, en:"]

[a weight="0"]Sê vir almal in die klas wat jy gehoor het.[/a]

[b weight="1"]Vertel haar dadelik – vertroulik, natuurlik – alles daarvan.[/b]

[c weight="2"]Hou dit geheim en probeer daarvan vergeet.[/c]

[/question]

[question title="Jy sien jou beste pel se ou of meisie soen iemand anders. Jy:"]

[a weight="0"]Bel gedeelde vriende en bespreek dit.[/a]

[b weight="1"]Tob oor wat om te doen en doen dan niks.[/b]

[c weight="2"]Waarsku jou pel, maar steek dit weg vir die ander.[/c]

[/question]

[question title="Jy hoor lekker skindernuus. Jy:"]

[a weight="0"]Blaker dit uit sonder om te dink.[/a]

[b weight="1"]Vertel vertroulik vir een ander mens daarvan.[/b]

[c weight="2"]Hou dit met gemak vir jouself.[/c]

[/question]

[question title="Jou vriende en klasmaats praat vertroulik met jou:"]

[a weight="0"]Wanneer hulle hul goeie oordeel verloor het.[/a]

[b weight="1"]Nadat hulle jou laat beloof om dit geheim te hou.[/b]

[c weight="2"]Gereeld en sonder huiwering.[/c]

[/question]

[question title="Jy hoor lelike en valse gerugte oor vriende, en:"]

[a weight="0"]Vertel dit steeds oor, want dis interessant.[/a]

[b weight="1"]Ignoreer die hele storie.[/b]

[c weight="2"]Is geïrriteerd met die mense wat dit versprei het.[/c]

[/question]

[question title="’n Nuwe klasmaat daag op en jy:"]

[a weight="0"]Vra ander klasmaats of hulle enigiets van hulle weet.[/a]

[b weight="1"]Pols hulle en vertel hulle van jou ander klasmaats.[/b]

[c weight="2"]Vra hulle om pouse saam met jou te sit en vertel hulle hoe sake staan.[/c]

[/question]

[question title="Skindernuus op skoolterrein:"]

[a weight="0"]Dis mos wat skoolgaan interessant maak![/a]

[b weight="1"]Is iets wat jy altyd ignoreer.[/b]

[c weight="2"]Kan dalk nuttige inligting verskaf.[/c]

[/question]

[question title="’n Maat sê vir jou hy/sy het sy/haar duur selfoon verloor. Jy:"]

[a weight="0"]Bel drie vriende en vertel hulle hoe dit gebeur het.[/a]

[b weight="1"]Simpatiseer en is heimlik bly dis nie joune nie.[/b]

[c weight="2"]Sê hulle moet dit by die polisie aanmeld.[/c]

[/question]

[question title="Dis pouse en twee klasmaats gil op mekaar. Jy:"]

[a weight="0"]Luister af en gaan vertel vir die ander wat jy gehoor het.[/a]

[b weight="1"]Luister, maar voel skuldig daaroor.[/b]

[c weight="2"]Sit jou oorfone op om die geraas uit te druis.[/c]

[/question]

[question title="Jy het vriende wat nie teenwoordig was nie beskinder, en:"]

[a weight="0"]Besluit dis die grootste pret wat jy in ’n lang tyd gehad het.[/a]

[b weight="1"]Voel ’n bietjie skuldig, maar dink hulle doen waarskynlik dieselfde.[/b]

[c weight="2"]Voel skaam oor jou gedrag.[/c]

[/question]

[question title="Jou beste pel en sy/haar meisie/kêrel maak uit. Jy:"]

[a weight="0"]Bel en hoop sy/hy vertel jou al die intieme besonderhede.[/a]

[b weight="1"]Het reeds aanbeweeg na interessanter dinge.[/b]

[c weight="2"]Vat haar/hom uit en praat glad nie daaroor nie.[/c]

[/question]

[question title="Jou onnie moet gou vir ’n rukkie uitgaan. Jy:"]

[a weight="0"]Hoor wat is die jongste skindernuus in die klas.[/a]

[b weight="1"]Bespiegel oor haar persoonlike probleme.[/b]

[c weight="2"]Gaan aan met jou werk.[/c]

[/question]

[result max="8"]Skinderbek van formaat

Erken dit maar: Jy skinder tog te graag. Jy weet alles oor elke verbreekte verhouding en elke klasgeveg en is maar alte gewillig om dit te deel met enigeen wat vra. Dalk is jy nie daarop uit om mense seer te maak nie, maar ander kan dink jou nuuskierigheid en belangstelling in ander se lewe is indringerig. Dink voor jy praat en leer om sommige van die minder vleiende skindernuus vir jouself te hou. So nie gaan jy dalk ’n nuuskierige agie genoem word.[/result]

[result max="16"]Gebore diplomaat

Jy geniet dit om te weet wat aangaan en sal nie nee sê vir ’n lekker skinder met ’n pel nie, maar jy het ’n goeie oordeel van wat jy mag en nie mag aandra nie. Jy sal nooit daarvan droom om ’n rugstekery en lelike gerugte aan te moedig nie, maar het ’n gesonde belangstelling in die mense om jou. Vriende vertrou jy kan hul intiemste geheime bewaar. [/result]

[result max="24"]Toonbeeld van diskresie

Jy luister nie na ’n geskinder van enige aard nie. Op die oppervlak is dit ’n eerbare houding, maar ander kan dalk dink jy stel nie belang nie of is afsydig. Het jy al daaraan gedink dat sekere skinder voordelig kan wees? Skindernuus sal sorg waar kom ’n klasmaat se buie vandaan of wanneer om nie vir iemand oor hul eks te uit te vra nie. Bly oopkop en hou jou oor op die grond, want dit kan jou goeie verhoudings met vriende en onnies help handhaaf.[/result]