Om die uitreiking van die nuwe Heidi-fliek op 2 September te vier, soek ons ’n Suid-Afrikaanse dubbelganger vir Heidi.

Heidi (Anuk Steffens)

Ken jy die skatlike Switserse weeskind wat in die Alpe by haar oupa woon? Lyk jy soos sy? As jy dink jy is Suid-Afrika se eie Heidi, skryf vandag nog in. Die prys is R20 000 werd!

Afrikaanse grootmense sokkie op liedjies oor haar, kinders kyk deesdae weer op kykNET na die oorgeklankte Japannese tekenprentweergawe van Johanna Spyri se klassieke verhaal en nou is sy in haar volle glorie terug met ’n Afrikaanse fliek wat volgende week in Suid-Afrika begin draai.

Die fliek is in Duits vervaardig en in Afrikaans vertaal en oorgeklank, met Anuk Steffen as Heidi, Bruno Ganz as oupa Almöhi en Quirin Agrippi as Peter.

Am Set von HEIDI: Anuk Steffen (Heidi) und Bruno Ganz (Almöhi)

Hier is ’n paar lekker fliekfeite:

  • Louis van Niekerk, wat in die destydse animasiereeks die rol van Heidi se oupa vertolk het, is terug in dieselfde rol.
  • Annelisa Weiland, wat in die animasiereeks Heidi se stem verskaf het, vertolk in die rolprent die rol van Peter se oumagrootjie.
  • Altesaam 500 kinders uit Switserland het oudisies afgelê vir die rol van Heidi en Peter.
  • Daar was meer as 500 ekstras in die prent, onder andere dorpsbewoners, handelaars op die mark of skoolkinders.
  • Die verfilming het oor 45 dae in Grisons in Switserland en in München, Thuringia en Saxony-Anhalt plaasgevind.
  • Dit het om en by 25 mense drie weke geneem om die buite-opnames wat in Latsch geskiet is in ’n 19de-eeuse stel te omskep. Die fasades van die huise is met ’n deklaag bedek, die straatligte is verwyder en die tuine in die middel van die dorp is herplant.
  • Om alles te kroon, is twee reusagtige vragte grond – ’n mengsel van basdeklaag, veenmos en sand – op die stel gestrooi om die dorp so vuil te laat voorkom soos bergdorpies aan die einde van die 19de eeu gelyk het.
  • Die smal strate is hierna binne ’n paar uur met 500 kg kunssneeu – ’n mengsel van sellulose en water – bedek. Dit het werkers ’n hele paar dae geneem om later die sneeu-oorblyfsels op te ruim!
  • Die dierehanteerder Michael Schweuneke het twee weke voor die verfilming begin het al die bokboere in die omgewing besoek om die oulikste bokke oudisies te laat aflê. Altesaam 75 bokke het hierna hul debuut in die rolprent gemaak! Die twee hoofbokke is Schwänli en Bärli genoem.
  • Quirin, wat Peter speel, het tydens die verfilming so baie van die bokke gehou dat hy op die laaste dag twee bababokke present gekry het.
  • Sou ’n kostuum dalk vuil word of skeur, was drie replikas van elke kostuum beskikbaar – en aan die einde van die dag moes die kostuumontwerpers die oorblyfsels van sjokolade en lekkergoed uit die sakke van Heidi se kostuums haal omdat Anuk so ’n suikertand het.
Henrietta Gryffenberg is die oorklankingsregisseur en die rolverdeling sluit in: Jenna Dunster (Heidi), Charlenè Brouwer (Klara), Anel Alexander (tante Dete), Rolanda Marais (Juf. Rottenmeier), Ruan Wessels (Peter) en Sandra Prinsloo (Klara se ouma).

DIE KOMPETISIE

Hoe werk dit?

Sê mense al jare jy lyk soos Heidi? Of het jy die lokprent gesien en gedink Heidi in die prent lyk nes iemand wat jy ken? Enige meisie, nie ouer as 12 jaar nie, wat soos óf die animasieprent se Heidi óf die rolprent se Heidi lyk, mag inskryf. Die ouderdomsbeperking sal egter streng toegepas word.

Wat kan jy wen?

Die prys vir Suid-Afrika se Heidi-dubbelganger is ’n wegkomkans vir ’n gesin van vier na die Little Switzerland-vakansieoord in die Drakensberge, sowel as ’n Heidi-geskenkpak. Die vakansie sluit vier nagte in ’n selfsorg-chalet, kwadfiets-, perde- en stampkarretjieritte in.

Gaan loer op hul webwerf vir meer inligting.

[post-slider]

Skryf so in:

1. Stuur ’n e-pos met die woorde “Heidi-dubbelganger” in die onderwerpreël na hydcompetitions@media24.com.

2. Sluit ’n kort motivering (hoogstens 300 woorde), jou volle naam, van en kontakbesonderhede daarby in. As jy as ouer jou kind motiveer, sluit hulle volle name en vanne en ouderdom ook in.

3. Maak seker die foto is van ’n hoë gehalte en dat die gesig van die Heidi-dubbelganger duidelik sigbaar is. Indien daar meer as een persoon op die foto verskyn, maak seker dit is duidelik wie, volgens jou, die Heidi-dubbelganger is.

Bepalings en voorwaardes

Die prys kan nie vir kontant verruil word nie. Die “Little Switzerland”-naweek is ses maande geldig, maar sluit nie die feestyd of openbare vakansiedae in nie. Verblyf is onderworpe aan beskikbaarheid. Die kompetisie duur van Vrydag 26 Augustus 2016 tot middernag op Vrydag 19 September 2016. Personeel van Media24 en die borg, sowel as hul families, mag nie inskryf nie. Die wenner sal gekies word deur ’n Huisgenoot-paneel en op 29 September op huisgenoot.com digitaal aangekondig word. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Deelnemers mag nie ouer as 12 jaar wees nie. Media24 en die borg van die prys aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat mag spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die prys binne ’n redelike tyd (vier tot ses weke). As jy vir die kompetisie inskryf, aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te kontak met promosies en ander bemarking.