As deel van ’n totaal misrekende parkeermaneuver sukkel die bestuurder van die BMW amper vyf minute om die motor uit ’n doodeenvoudige parkeerplek te trek.

Dit is in die sneeubedekte Calgary, Kanada, op kringtelevisiekamera opgeneem. In die video stamp die bestuurder selfs die rooi motor langsaan – voor sy hulp van die eienaar aanvaar.