'n Video wys hoe die bestuurder geheel en al faal in sy poging. Eers ry hy onverskillig in trurat teen ’n muur vas en en daarna skuur hy teen ’n naby-geparkeerde motor.

Parallel-parkering is ’n uitdaging vir talle motoriste. Maar hierdie traak-my-nieagtige Skotse bestuurder het op die verspotte video die uitdaging van parallel-parkering ’n aksie verder geneem.

Die video is soos ’n parodie van Mr Bean. Kyk hoe die bestuurder stadig probeer om sy motor in ’n opening tussen twee ander motors te parkeer. Hy beweeg vorentoe en agtertoe in ’n poging om die motor reguit te kry, maar skielik skakel hy oor in trurat en hy draai – kerplaks! vas teen ’n muur en teen die sykant van die swart Ford Fiesta agter hom.

Pleks dat hy uit die motor klim om die skade aan sy motor en aan die swart Fiesta te bekyk, aarsel die motoris ’n oomblik en ry toe straat af om ’n ander parkeerplek te soek.

Volgens Walter Cunningham, die eienaar van die swart Fiesta, was dit ‘aaklig om te sien hoe hy my motor ruïneer, veral omdat ek niks kon doen om dit te verhoed nie.’

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, TELEGRAPH.CO.UK