1. Jadav Payeng van Noord-Indië het eiehandig ’n woud van 5 503 724 m2 aangeplant. Hy het as tiener naby sy huis begin saad plant.
  2. Selfs al word vroue as die romantiese geslag beskou, het ondersoeke al getoon mans raak die gouste verlief.
  3. 'n Kat met die naam Unsinkable Sam het die sinking van drie skepe tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef. Hy het elke keer op ’n stuk hout gedryf en die sinking oorleef.
  4. Eekhorings vergeet waar hulle tot die helfte van hul neute begrawe het, en dit laat dikwels nuwe woude ontstaan.
  5. Katte kan met hul kloue ruik. Hul kloue bevat ook geurkliere waarmee hulle hul gebied merk.
  6. As jy jou huis se dak wit verf, kan dit aardverhitting help verminder. Die wit kleur weerkaats meer sonstrale as ’n donkerder dak, wat die algehele temperatuur van jou dorp kan verminder.
  7. Walt Disney het in ’n stadium by die koerant Kansas City Star gewerk, maar is in die pad gesteek omdat hy nie kreatief genoeg was nie. Hy het later sy eie onderneming begin en Walt Disney het die Kansas City Star uitgekoop.

Bron: OMG Facts