In die nuutste uitgawe van Huisgenoot praat Reeva Steenkamp se ouers met ons verslaggewer, Herman Scholtz. Hulle vertel hoe sy hulle rekeninge help betaal het en van haar verhouding met Oscar en rugbyspeler Francois Hougaard.

Griekwastad-gesinsmoorde:

Ons kyk ook na die Griekwastad-gesinsmoorde. Op die oog af was die jong seun net nog ’n jong tiener op ’n perd wat alles uithaal tydens ’n gimkana. En toe ’n maat hom terg oor ’n meisie op wie hy ’n ogie het, het hy vuurrooi gebloos. Maar nou, byna ’n jaar ná daardie dag in Oos-Londen, staan dieselfde seun (16) tereg op drie aanklagte van moord nadat Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14), op Goeie Vrydag verlede jaar op hul plaas buite Griekwastad doodgeskiet is.

Watter selnetwerk is die goedkoopste?

Noudat die skote klap in ’n nuwe prysoorlog in Suid-Afrika se selfoonbedryf, kan jy gerus ’n  slag noukeurig kyk wat presies jy vir jou geld kry. Watter diensverskaffer het die goedkoopste pakket vir jou?

Harry se partytjie vir ’n goeie doel:

Harry het in SA geld ingesamel vir sy Lesothowelsynprojek – sonder sy nuwe meisie. Ons het saam gekuier.

Byna breindood, toe bid hy hom gesond: 

Sam is ná ’n ongeluk 12 jaar gelede amper breindood verklaar, toe doen hy ’n spesiale gebed en kry ’n boodskap van sy oorlede pa… Leefstyl: Ons deel heerlike resepte vir nuwerwetse slaaie, wys jou hoe om self ‘n watertuin te bou en gee gesondheidswenke oor versoeter. Dit en baie meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat nou op die rakke beskikbaar is.