Hyundai het sy gewilde i10-reeks na vyf modelle uitgebrei met die bekendstelling van nog ’n outomatiese weergawe.

Die nuwe 1,1 Motion het ’n vierspoed outomatiese ratkas. Brandstofverbruik vir die nuweling is volgens Hyundai 5,7 L/100 km.

Standaardkenmerke sluit onder meer ’n klankstelsel, Bluetooth, lugverkoeling, elektriese vensters en kragstuur in.

Pryse

  • i10 1,1 Motion: R118 500
  • i10 1,1 Motion outo: R129 900
  • i10 1,25 Fluid: R134 500
  • i10 1,25 Fluid outo: R144 900
  • i10 1,25 Glide: R142 900