Hyundai het sy gewilde iX35-sportnutsvoertuig onlangs opgeknap.

Hier is ses feite wat jy van die verbeterde reeks moet weet.

  1. Die nuwe iX35-reeks bestaan uit ses modelle.
  2. Daar is twee enjins om van te kies, ’n nuwe 2,0 L-petrolenjin, wat nou 116 kW krag en 192 Nm wringkrag ontwikkel, en die 2,0 L-turbodieselenjin. Albei modelle is beskikbaar met ’n sesspoed-handratkas of ’n sesspoed outomatiese ratkas.
  3. Die turbodiesel-model is ook beskikbaar met vierwielaandrywing. Al die ander modelle is voorwielaangedrewe.
  4. Hyundai het ook die binneruim ’n bietjie opgeknap, en daar is onder meer ’n nuwe klankstelsel met Bluetooth en ses luidsprekers.
  5. Buitelangs het die jongste iX35-reeks nuwe voorligte met LED-dagryligte, ’n nuwe sierrooster en herontwerpte allooiwiele. Die agterligte het ook ’n nuwe ontwerp.
  6. Al die iX35-modelle kom met ’n waarborg van vyf jaar of 150 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

Pryse:

  • 2,0 Premium: R319 900
  • 2,0 Premium a/t: R334 900
  • 2,0 Executive: R349 900
  • 2,0 Elite: R369 900
  • R2,0 Elite: R389 900
  • R2,0 Elite a/t: R449 900

ix-rear ix-inside