Hyundai het sy Elantra-sedan met ’n vars voorkoms en talle ander verbeterings opgekikker.

Hier is vier goed wat jy oor die verbeterde Elantra moet weet:

  1. Buitelangs is daar onder meer ’n nuwe sierrooster, projektoragtige hoofligte, ’n herontwerpte voorbuffer en herontwerpte agterligte. Dit het ook nuwe 17-duim-allooiwiele. Die Elantra het ook onder meer ’n nuwe klankstelsel met Bluetooth, herontwerpte kontroles vir die lugverkoeling en ’n nuwe hefboom vir die outomatiese ratkas.
  2. Hyundai het ook glo die Elantra se geraasvlakke in die binneruim verminder.
  3. Daar is nou slegs een model, met ’n 1,6 L-petrolenjin, in een afwerkingsvlak beskikbaar. Maar kopers kan tussen ’n sesspoedhandratkas of sesspoed outomatiese ratkas kies.
  4. Die enjin ontwikkel 96 kW krag teen 6 300 r.p.m. en 157 Nm wringkrag teen 4 850 r.p.m.

Pryse

  • 1,6 Premium - R247 900
  • 1.6 Premium outo - R262 900

Die Elantra kom met ’n waarborg van vyf jaar of 150 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

elantra_blue_rear_5_880x500

elantra_audio_system_1800x1800