Hyundai het ’n splinternuwe model, die Grand i10, in Suid-Afrika bekendgestel, wat tussen die kleiner i10 en die gewilde i20 geposisioneer is.

[post-slider]

Hier is sewe feite oor die Grand i10:

  1. Daar is slegs een enjinkeuse, maar twee afwerkingsvlakke, Motion en Fluid, beskikbaar. Daar is ook ’n outomatiese model in die reeks.
  2. Die bagasieruim beslaan 256 L, maar kan tot 1 202 L vergroot word deur die agtersitplekke plat te slaan.
  3. Die Grand i10 is 180 mm langer as sy i10-kleinboet.
  4. Standaardkenmerke vir al die modelle sluit onder meer ’n klankstelsel met Bluetooth, lugverkoeling, ’n sentrale sluitstelsel en allooiwiele in.
  5. Die 1,25 L-petrolenjin ontwikkel 64 kW teen 6 000 r.p.m. en 120 Nm teen 4 000 r.p.m.
  6. Brandstofverbruik vir die handratkasmodelle is 5,9 L/100 km en 6,9 L/100 km vir die outomatiese weergawe.
  7. Die Grand i10 is in agt kleure beskikbaar.

Pryse:

  • Grand i10 1,25 Motion - R139 900
  • Grand i10 1,25 Fluid- R149 900
  • Grand i10 1,25 Fluid - R159 900