Hyundai het ’n luikrugweergawe van sy Accent in Suid-Afrika bekendgestel.

Slegs een model is beskikbaar (met ’n 1,6 L-petrolenjin), maar kopers kan kies tussen ’n sesspoed-handratkas of vierspoed outomatiese ratkas.

Die Accent, wat tussen Hyundai se i10 en i30 geposisioneer is, sal meeding met die Kia Cerato en Toyota Auris.

Die Accent se enjin ontwikkel 91 kW en 156 Nm. Die gemiddelde brandstofverbruik is 6,4 L/100 km vir die handratkas en 6,8 L/100 km vir die outomatiese model.

Standaardkenmerke sluit in parkeersensors agter, lugverkoeling, elektriese vensters en ’n klankstelsel met Bluetooth. Daar is ook ses lugsakke en ABS-remme.

Die Accent se laairuim beslaan 370 L, maar kan verder vergroot word deur die agterste sitplekke plat te vou.

Die motor kom ook met Hyundai se diensplan van vyf jaar of 90 000 km en waarborg van vyf jaar of 150 000 km.

Pryse

Accent Hatch 1,6 Fluid (handrat): R234 900

Accent Hatch 1,6 Fluid (outomaties): R244 900

Accent-Hatchback-17

Accent-Hatchback-11