DRANK IS BAIE DUUR

Twee vriende loop mekaar ná jare raak.

Koos: “Ou Jan, hoekom is jy so maer?”

Jan: “Man, dit gaan swaar en drank is nou so duur, daar is nie geld vir kos nie!”

REGTIG DOM

V: Hoe weet jy of jou hond regtig dom is?

A: As hy karre jaag wat geparkeer staan.

LEKKER LAG

V: Wat kry jy as jy ’n hond en ’n leeu kruis?

A: ’n Baie groot hond wat langs die pad sit en lag omdat dit nie meer vir hom nodig is om karre te jaag nie.

HOU KONTAK

Koos: “Geld is nie alles nie.”

Jan: “Nee, dis waar, maar dit hou jou darem in kontak met jou kinders.”