Huisgenoot, YOU en Drum het saam met die skoenvervaardiger Buccanneer 2 000 paar skoene aan die Put Foot Foundation geskenk. Maak saam met ons ’n verskil in jong Suid-Afrikaners se lewens – toon vandag nog jou ondersteuning aan die Put Foot Foundation.

Die Put Foot Foundation wil kinders oral in Suid-Afrika hoop, trots en waardigheid gee deur skoolskoene van goeie gehalte aan hulle te verskaf. Van die kinders stap kilometers ver skool toe sonder enige beskerming aan hul voete. Verlede jaar het die Put Foot Rally-spanne en hul vennote R600 000 ingesamel, wat gehelp het om 4 116 nuwe Suid-Afrikaans vervaardigde egte leer-skoolskoene aan kinders se voete te sit. Die vrywilligers, vennote en Put Foot Foundation-span berei nou voor om skoene by nege skole in Kaapstad, Grahamstown, Durban en Johannesburg af te lewer.

Raak asseblief betrokke. As jy geld vir die saak skenk, sluit dan by die Put Foot Foundation se skoenaflewerings aan om te kyk waarheen jou geld gaan. Kom kyk hoe die kinders se gesigte ophelder wanneer hulle vir die eerste keer splinternuwe skoene aantrek.

Die laaste skoenaflewering sal op Donderdag 28 Februarie 2013 by die Emfundisweni Primary School in Johannesburg plaasvind. ’n Minibus sal vir vrywilligers beskikbaar wees.

  • 09:00 – Kom by die Retroviral Offices in Sandton bymekaar.
  • Adres: Blok E, Grondverdieping, Upper Grayston, Lindenweg 150, Sandton
  • 09:20 – Vertrek na die Emfundisweni Primary School.
  • 10:30 – Skoenaflewering begin.
  • 13:30 – Skoenaflewering afgehandel.
  • 14:30 – Laai vrywilligers by die MUP af.

As jy by die saak betrokke wil raak of meer wil uitvind, klik hier.